Saturday 24 August 2019

Wat is volgende?

Nou dat die blou kwilt klaar is, het ek die volgende onvoldooide projek se boks uitgetrek. Ek het gemeen om weer aan die Blogger's BOM Kwilt te werk, maar ek het gou besef dat ek nog nie die korrekte uitleg in gedagte het nie en het die kwilt weer teruggesit in sy boks. Ek het toe die Borduur Kerskwilt uitgehaal en daaraan begin werk.

Now that the blue quilt is finished, I grabbed the next "work in progress" box. First I wanted to work on the Blogger's BOM quilt, but the layout baffled me again, and so I put that back. I grabbed the Embroidery Christmas Quilt and started working on that instead.


Hierdie foto is die vertrekpunt van hier af aan. Dis die vordering wat ek gemaak het, terug in Maart 2016. Vir die ander blokke wat reeds borduur is, gaan kyk op die skakel aan die regterkantste paneel genaamd "Embroidery". Die blog inskrywings sal daar vertoon.

This photo will be the reference point from here on. This is the progress I made back in March 2016. For the other completed blocks, please refer to the "Embroidery" link on the right hand panel. The blog posts will show up there.


Ek het hierdie week die 2 karakters in die middel voltooi en die halo van die ander engeltjies ook vasgewerk. Ek vind dit uitdagend om met die metaal gare te werk, so ek gaan probeer om al die metaal gare gedeeltes eers klaar te maak, sodat dit uit die pad kan kom. Nie heeltemal seker hoeveel vordering ek sal kan maak nie, aangesien als "terugkeur na normaal" volgende week, wanneer die skoolvakansie eindig en die normale roetines weer in plek val.

I completed the 2 characters in the center this week and the halo of each of the other angels. I find the metallic thread challenging to work with. So I am going to try and finish all the parts that requires the metallic thread first, then that is out of the way. I am not sure how much progress I am going to make, since everything returns "back to normal" next week when the school holidays comes to an end and normal routines fall in place again.

Dis dit vir nou. Tot later!

That's that for now. Until later! 

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.