Sunday 23 September 2018

Moses Rombayi wil 'n borduurmasjien he - kom ons help hom!

Ek het vanoggend op Moses Rombayi se storie afgekom. Hy net nou wel 'n tragiese geskiedenis, maar hy sit nie en sulk nie. Hy werk met sy hande en maak die oulikste speelgoed. Sy droom is om speelgoed reg oor die wereld te stuur. Ek gee nie om, om vir so 'n persoon te ondersteun nie. Kom ons almal help Moses om sy naaldwerkmasjiene te kan bekostig. Hy werk hard genoeg daarvoor!

Hier is die skakel na sy gofundme bladsy: gf.me/u/md3kvj

I came across Moses Rombayi's story this morning. Although he has a tragic history, he is not sitting and sulking. He is working with his hands and is making very cute toys. His dream is to send toys all over the world. I don't mind supporting such a person. Let's all pitch in and help Moses buy his machines. He is working hard enough for that!

Click on this link: gf.me/u/md3kvj

Wednesday 19 September 2018

Ons is nog hier...vir nou

Hi almal

Net 'n vinnige "hallo".

Ons vakansie was kort en kragtig, en die stil speletjies boeke is toe nooit gebruik nie. Ek dink Sussie het een of twee keer daardeur geblaai, en toe ons tuis kom, besluit sy om albei van hulle se boeke te begin skeur. So die boeke is in "ICU" vir die oomblik tot ek 'n tydjie het om dit te herstel.

Die volgende 2 maande gaan rof gaan en ek gaan nie noodwendig veel werk aan my projekte nie. Ek het nog daardie een klein borduurstuk, waarmee ek amper klaar is, wat ek vir julle sal wys op 'n latere stadium. Vir eers sal dit "dit" wees, tot einde November.

Tot later!

Hi All

Just a quick "hallo".

Our holiday was short and sweet and the quiet books were never used. I think DD paged through hers once or twice, and when we returned home, she decided to start tearing both their books apart. So the books are in "ICE" for the time being, until I can tend to them.

The next two months will be hectic and I won't have time for my projects. I still have that small embroidery that I am working on, and will show the finished product soon. Otherwise, for now, that will be it until end November.

Until later!