Wednesday 28 September 2016

'n Klein bietjie tyd vir kwiltwerk

Dinge begin stadig (baie stadig) maar seker weer normaliseer, na die aanpassing om 2 kinders te hĂȘ. Ek begin selfs nou tyd kry om sou nou-en-dan bietjie aan my lappies te werk.

Slowly (very slowly) things are getting settled again, adjusting to having 2 kids. I even have some time to work with my fabrics.

Ek werk tans aan 'n nuwe kwilt. Vir hierdie kwilt gebruik ek dieselfde patroon as vir Broer 2 se kwilt, maar ek gebruik 'n ander kleurskema.

Currently I am working on a new quilt. I am using the same pattern as for Brother 2's quilt, but I am using a different colour scheme. 

Voorgestelde patroon / Proposed pattern


Hierdie is die  materiale wat ek gebruik. Die persoon vir wie ek dit maak hou van blou. Ongelukkig het ek nie turquoise gehad in my "stash" nie, wat eintlik sy gunstelling kleur is.

These are the fabrics I am using. The person for whom this quilt is meant, likes blue. Unfortunately I didn't have any turquoise in my stash, which is his favourite colour. 





Dis die werk wat ek die afgelope 3 weke vermag het. Lappies voorberei, gesny, die nodige driehoeke voorberei en gesny. Tans wag dit vir my om hulle oop te stryk en dan kan die konstruksie van die kwilt begin.

This is the work I have done in the last 3 weeks. Fabrics were prepped, cut, the necessary HST's were prepped and cut. Currently they are waiting for me to be ironed open and then the construction of the quilt can start.

Hoop ek kry vannaand weer tyd om daaraan te werk. Tot later!

Hope I get some time tonight to work on them. Until later!


Saturday 24 September 2016

Blogger's Quilt Festival Fall 2016

Dis weer daardie tyd: Blogger's Quilt Festival, aangebied deur Amy van Amy's Creative Side.

It is that time again: Blogger's Quilt Festival, hosted by Amy from Amy's Creative Side.

Ek het nie onlangs regtig 'n reuse sukses gehad met voltooide kwilte nie. Ek skryf dus my laaste voltooide kwilt in, in the Large Quilt- kategorie

I haven't really had success regarding completed quilts. Thus, I will enter my last finished quilt in the Large Quilt Category. 



 Toestemming om foto te gebruik vanaf EM Groenewald / Permission to use this photo from EM Groenewald

Hierdie kwilt het ek vir my broer gemaak. My idee was om 'n kwilt te maak wat by die "persoon" pas (kleur, patroon, grootte...). Die grootte is 315" rondom en bestaan hoofsaaklik uit Half Vierkant Driehoeke uit, met 'n vierkant hier en daar. Soos in die laaste foto afgelei kan word, is die kwilt baie geliefd.

This quilt I made for my brother. My idea was to make for each of my siblings a quilt that fits to the "person" (colour, pattern, size,...). This quilt measures 315" around and consists of Half Square Triangles for the most part, with a square here and there. As can be deduced from the last photo, this quilt is much loved.

 Geniet die res van die Kwilt Fees, en onthou om vir jou gustelling kwilte te stem.

Dankie Amy vir hierdie wonderlike geleentheid om te kan deel neem en ook om inspirasie vanaf ander kwilte te kan kry!

Enjoy the rest of the Quilt Festival, and remember to vote for your favourite quilts. 

Thanks Amy for this wonderful opportunity to take part and to draw inspiration from other quilts!