Tuesday 22 November 2016

Verrassings!

Hier in Mauritius kan geluk jou soms op die vreemdste manier tref. Manlief was besig om deur die advertensies te blaai nou-die-aand, en toe sien hy 'n advertensie wat my aandag soos 'n magneet getrek het. Daar is iemand wat 'n Butterfly naaldwerkmasjien MET sy "treadle" tafel verkoop. 'n Paar boodskappe later is dit afgespreek dat ek die stel sal koop.

Die advertensie het genoem dat hulle is geleë in Bel Air, in die Suide. Dus het ons dit op die kaart gaan soek en het soentoe gekry. Daar gekom, het die persoon ons ingelig dis die verkeerde Bel Air (Grand Bel Air), en dat daar nog een is, in die Weste. So toe is ons na die korrekte Bel Air (Bel Air Riviere Seche) om die masjien en tafel te gaan optel. Op die kaart kan julle ons roete sien. Die kaart bereken dit is 'n amper 3 uur roete. Ons het 4 uur gery en moes iewers stop om te eet - wat natuurlik nou onbeplan was - wat 'n ekstra uur by ons ry tyd gesit het. Dus was dit 'n 5 uur heen en weer trip, maar dit was die moeite werd!


Here in Mauritius, luck can catch you in the strangest of ways. Hubby was paging through the classifieds one evening and saw an advert that grabbed my attention like a magnet. Someone was selling a Butterfly sewing machine WITH its treadle table. After a few messages, it was agreed that I will buy the set.

The advert stated that it was situated in Bel Air, in the South. So we checked on the map and went our merry way. When we reached our destination, it was the wrong Bel Air (Grand Bel Air) and we discovered there was another Bel Air (Bel Air Riviere Seche) in the West. So we went there to collect the machine and table. The map calculated that it should have been an almost 3 hour drive. We drove for 4 hours and we had to stop to get something to eat, which wasn't planned. Our total trip there and back was 5 hours long, but it was worth it!

Toe ons by Bel Air Riviere Seche aankom, is ons versoek om by die ou poskantoor te wag vir die verkoper. Ons het 'n rukkie gesoek vir die gebou, maar het dit wel later gevind...Nodeloos om te sê dis nie wat ons verwag het nie.

When we reached Bel Air Riviere Seche, we were requested to wait for the seller at the old post office. We searched a while for the building, but found it eventually...Needless to say it was not what we expected.


Hier is wat ons saam met ons terug huistoe gebring het:

Here is what we brought back home with us:

 






Die masjien is werkend, maar het beslis aandag nodig. Volgens die eienaar is dit in 2005 gekoop. En kan jy meer - dis elektries! Die versiering op die masjien is vir my baie mooi en ek glo na so bietjie "liefde" gaan die masjien nog beter lyk ook. Die tafel vermis 'n verlengingsblad en die treadle kabel is weg, maar dit kan ons ook aanskaf soos nodig.

The machine is working, but it needs some tlc. According to the owner, it was bought in 2005, and will you believe, it is electric! The decorations on the machine are very beautiful and I am sure that after some "love" it will look even better. The table is missing a extension table and the treadle cable is missing, but that we can add as necessary. 

Sommige van julle sal onthou dat ek 'n paar jaar terug 'n soortgelyke masjien as 'n geskenk by Manlief gekry het. Hier is die blog inskrywing daarvoor.

Some of you will remember that I got a similar machine as a gift from Hubby, some years ago. Here is that blog entry.

Wel, hoe het julle jul naweek spandeer?

Well, how did you spend your weekend?