Wednesday 28 September 2016

'n Klein bietjie tyd vir kwiltwerk

Dinge begin stadig (baie stadig) maar seker weer normaliseer, na die aanpassing om 2 kinders te hê. Ek begin selfs nou tyd kry om sou nou-en-dan bietjie aan my lappies te werk.

Slowly (very slowly) things are getting settled again, adjusting to having 2 kids. I even have some time to work with my fabrics.

Ek werk tans aan 'n nuwe kwilt. Vir hierdie kwilt gebruik ek dieselfde patroon as vir Broer 2 se kwilt, maar ek gebruik 'n ander kleurskema.

Currently I am working on a new quilt. I am using the same pattern as for Brother 2's quilt, but I am using a different colour scheme. 

Voorgestelde patroon / Proposed pattern


Hierdie is die  materiale wat ek gebruik. Die persoon vir wie ek dit maak hou van blou. Ongelukkig het ek nie turquoise gehad in my "stash" nie, wat eintlik sy gunstelling kleur is.

These are the fabrics I am using. The person for whom this quilt is meant, likes blue. Unfortunately I didn't have any turquoise in my stash, which is his favourite colour. 





Dis die werk wat ek die afgelope 3 weke vermag het. Lappies voorberei, gesny, die nodige driehoeke voorberei en gesny. Tans wag dit vir my om hulle oop te stryk en dan kan die konstruksie van die kwilt begin.

This is the work I have done in the last 3 weeks. Fabrics were prepped, cut, the necessary HST's were prepped and cut. Currently they are waiting for me to be ironed open and then the construction of the quilt can start.

Hoop ek kry vannaand weer tyd om daaraan te werk. Tot later!

Hope I get some time tonight to work on them. Until later!


3 comments:

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.