Thursday 2 July 2015

Borduur Kerskwilt

Die laaste paar weke het ek aan die Kerskwilt gewerk. Ek het besef dat die eerste blok nou al meer as 2 jaar 'n "work in progress" is en so het ek besluit om 'n daadwerklike poging aan te wend om dit te voltooi.

I have been working on the Embroidery Christmas quilt the last few weeks. I realised that this particular block has been a WIP for more than 2 years and so I decided to make an effort to complete it.

 Blok 1 / Block 1

Ek dink daar was een probleem met Blok 1 en moontlik die rede waarom dit so lank geneem het vir my om te voltooi - dit is vaal. Ek is lief vir helder kleure en die kleure in hierdie blok is baie...vervelig. Die detail in die blok was ook baie oorweldingend wanneer ek aan die blok gewerk het. Maar, ek het vasgebyt en die blok is klaar! 

I think there was one issue that I had with Block 1 and probably the reason it took so long for me to finish - it is dull. I love bright colours and the colours in this block are very...boring. The detail in the block also left me with a daunting feeling whenever I picked it up. But, I prevailed and it is finished!

Blok 2 is intussen voorberei en ek het reeds daaraan begin werk.

Block 2 has been prepared in the meantime and I have already started working on it.


 Blok 2 / Block 2

My potloodmerke op my blok 2 is redelik lig in die foto. Dis hoe die blok sal lyk wanneer dit klaar is.

Soos julle seker kan sien, is hierdie blok baie meer kleurvol en eenvoudiger, dus is die vordering sommer baie vinniger en ek geniet hierdie patroon ook meer.

Manlief het sopas 'n beker koffie voor my kom neersit...ek dink dis 'n skimp ;)

Tot later!

My pencil marks on my block 2 is very light. This is what the block will look like when it is finished.

As you can see, this block is much more colourful and simple, thus the progress on this one is much faster and I am enjoying the pattern more as well. 

Hubby just placed a mug of coffee in front of me...I think it is a hint ;)

Until later!

2 comments:

  1. Congrats on block #1 finish! Lots of work goes into that one. I see #2 is much easier and before you know it's done! :)

    ReplyDelete
  2. Jou Kerskwilt gaan pragtig lyk! Ek hou van die baie diere op blok 1.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.