Saturday 25 July 2015

Borduur Kerskwilt - Blokke 2 en 3

My borduurkwilt vorder redelik goed, tot op hede. Ek het Blok 2 klaar en was nog besig om 'n gaping te soek sodat ek daaroor kon blog. Terwyl ek vir die gaping gesoek het, het ek blok 3 ook klaar. Dis darem 'n klein blokkie gewees, dus het daar geen wonderwerke gebeur nie.

My embroidery quilt is progressing, up to now. I finished Block 2 and was waiting for an opportunity to write a blog post about it. While waiting for the opportunity, I finished block 3 as well. It is a small block, so no miracles happened in the meantime.


Blokke 1 - 3 / Blocks 1 - 3
  
 Blok 3 van nader / Closer look at Block 3

Blok 4 is gereed en ek het ook al 'n paar steke vasgewerk. Dis egter te groot om in een foto te sit, dus hier is die prentjie in 3 dele (my kamera se "panoramic view" wou nie saamwerk nie)

Block 4 is prepped and I have already put a few stitches on it. It is, however, to big to put in one photo, so here is the picture in 3 parts (my camera's panoramic view wasn't working with me)


Linkerkant / Left side

 Middel / Centre
 
Regterkant / Right side
 
Wat ek tot dusver geleer het, is dat dit is baie moeilik om met Metallic gare te werk as jy nie die regte naald het nie. Ek hoop om binne-kort 'n naald te hĂȘ wat sal saamwerk met hierdie gare. Enige voorstelle, van die van julle wat gereeld handborduurwerk doen?

What I have learned so far, is that it is very difficult to work with Metallic thread if you do not have the right needle. I hope to have a needle that will accommodate the thread very soon. Any suggestions from those of you who does hand embroidery?
 
Laastens, ons het nou-die-dag 'n besoeker gehad - 'n Tarentaal! Hulle kom so een maal 'n jaar en dan hardloop hulle oor die mense se erwe. Gewoonlik bly hulle weg uit ons erf uit, maar hierdie keer was daar sommer 3, al spelende oor ons erf.
 
Lastely, we had a visitor the other day - a guinea fowl! They pass through the neigbourhood about once a year and normally they stay away from our yard. This time there were 3, all playing around in our yard!
 

 
Tot later!
 

Until later!

Thursday 2 July 2015

Borduur Kerskwilt

Die laaste paar weke het ek aan die Kerskwilt gewerk. Ek het besef dat die eerste blok nou al meer as 2 jaar 'n "work in progress" is en so het ek besluit om 'n daadwerklike poging aan te wend om dit te voltooi.

I have been working on the Embroidery Christmas quilt the last few weeks. I realised that this particular block has been a WIP for more than 2 years and so I decided to make an effort to complete it.

 Blok 1 / Block 1

Ek dink daar was een probleem met Blok 1 en moontlik die rede waarom dit so lank geneem het vir my om te voltooi - dit is vaal. Ek is lief vir helder kleure en die kleure in hierdie blok is baie...vervelig. Die detail in die blok was ook baie oorweldingend wanneer ek aan die blok gewerk het. Maar, ek het vasgebyt en die blok is klaar! 

I think there was one issue that I had with Block 1 and probably the reason it took so long for me to finish - it is dull. I love bright colours and the colours in this block are very...boring. The detail in the block also left me with a daunting feeling whenever I picked it up. But, I prevailed and it is finished!

Blok 2 is intussen voorberei en ek het reeds daaraan begin werk.

Block 2 has been prepared in the meantime and I have already started working on it.


 Blok 2 / Block 2

My potloodmerke op my blok 2 is redelik lig in die foto. Dis hoe die blok sal lyk wanneer dit klaar is.

Soos julle seker kan sien, is hierdie blok baie meer kleurvol en eenvoudiger, dus is die vordering sommer baie vinniger en ek geniet hierdie patroon ook meer.

Manlief het sopas 'n beker koffie voor my kom neersit...ek dink dis 'n skimp ;)

Tot later!

My pencil marks on my block 2 is very light. This is what the block will look like when it is finished.

As you can see, this block is much more colourful and simple, thus the progress on this one is much faster and I am enjoying the pattern more as well. 

Hubby just placed a mug of coffee in front of me...I think it is a hint ;)

Until later!