Thursday 12 February 2015

Sommer 'n klomp goed

My kwiltwerk op Broer 2 se kwilt vorder redelik goed. Ek het nou die medalje-gedeelte klaar en het net die randstroke oor om te kwilt. Daarvoor moet ek eers die kwiltpatroon op die kwilt/materiaal merk.

My quilting on Brother 2's quilt is coming along well. I have finished quilting the medallion and have only the borders still to quilt. For that I first need to draw the quilting pattern onto the quilt/fabric.


Ek het 'n blaaskans van die kwilt nodig gehad. Ek het dit egter nie besef nie, totdat 'n tydskrif my aandag getrek het verlede naweek. Dis 'n "stitchery" tydskrif, so ek kyk hulle gewoonlik mis. Maar hierdie keer was daar 'n kit bygewees en dis die kit wat my aandag getrek het

I needed a break from the quilt. However, I didn't realise it until  a magazine caught my attention last weekend. It is a stitchery magazine, so normally I look right pass them. But this time there was a kit with the magazine and it is this kit that caught my eye.


Ek het op laerskool laas kruissteek gedoen, so ek was opgewonde en angstig op dieselfde tyd. Teen die einde van Sondagaand het ek al 'n hele paar steke op die gaas gehad en 5 dae later is die eerste van die twee items klaar! Ek het met die skêr-gelukbringertjie (is dit die regte woord?) eerste begin, omdat dit die makliker projek is.

The last time I did cross stitching was in primary school, so I was excited and anxious at the same time. By Sunday night I had a few stitches on the aida and 5 days later I had the first item done! I decided to make the scissor fob first, because it was the easier project.

Vordering teen Sondagaand / Progress by Sunday night
Die agterkant / The back

Kant en klaar / Finished

Die volgende item is natuurlik die skêr houertjie, maar dit gaan my 'n rukkie neem. Ek sal maar tussen-deur die kwiltwerk daaraan aandag gee, anders gaan die kwilt nooit klaarkom nie.

The next item is off course the scissor keeper, but that might take me some time. I will work on it in-between the quilting, otherwise the quilt will never be finished.

Laastens, ek het 'n lieflike, geborduurde handdoek ontvang vanaf my vriendin Dilene, asook 'n kombers vir my seuntjie wat sy self gemaak het. Ek weet nie van julle nie, maar ek is dol daaroor om (aangename) verrassings in die pos te kry en hierdie was beslis 'n aangename verrassing.

Lastly, I received a lovely embroidered towel from my friend Dilene, as well a blanket for my son which she also made herself. I don't know about you, but I love getting (pleasant) surprises in the mail and this was indeed a pleasant surprise.

Die borduurwerk op die handdoek / Emboridery on the towel

 
Naby foto vir die detail / Close up for the detail

Boetie se kombers / DS's blanket

Dis wonderlik om kreatiewe vriendinne te hê. Dankie Dilene! Jy het my dag gemaak!

It is wonderful to have creative friends. Thanks Dilene! You made my day!


6 comments:

  1. I like your scissor fob and the embroidery you received in the mail is beautiful.

    ReplyDelete
  2. Lovely embroidery and well done on your scissor fob. Enjoy the rest of your stitching.

    ReplyDelete
  3. Absoluut net 'n plesier my liewe vriendin. Ek het dit net so geniet om te maak soos jy dit nou geniet om te gebruik!

    ReplyDelete
  4. Absoluut net 'n plesier my liewe vriendin. Ek het dit net so geniet om te maak soos jy dit nou geniet om te gebruik!

    ReplyDelete
  5. Dilene darie borduurwerk is pragtig!! Jy en Elzaan kan dalk saam handwerkbesigheid begin!! Jul is altwee baie kreatief en ek's trots op julle

    ReplyDelete
  6. HI Ek is so opgewonde om n Afrikaanse Blog te sien.

    Groete

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.