Tuesday 6 January 2015

Broer 2 kwilt vordering

Voorspoedige 2015 aan almal! Hoop dis 'n jaar propvol van alles wat mooi is.

Happy 2015 everybody! Hope this is a year filled with everything that is good and beautiful.

Ek het nie veel gedoen nadat ek die hartjies-kwilt voltooi het nie. Ek het 'n blaaskans nodig gehad en het dit geneem. Verlede week het ek weer begin met my kwiltwerk deur aan Broer 2 se kwilt te werk en het die bokant klaargemaak. Die rugkant is gesny, asook die watte-ersel, en ek kan nou begin met die rygwerk.

I didn't do much after I completed the hearts quilt. I needed a rest and thus took it. Last week I restarted my quilting and worked on Brother 2's quilt. I have completed the top. The backing and batting is cut and I can begin with the basting



Ek was besig om die buitenste rand vas te werk, toe ek besef maar my paneel is te kort. Eers het ek gedog ek het verkeerd gesny, maar na verdere ondersoek het ek ontdek dat ek het 'n naat heeltemal misgestik en dus was die een kant van die kwilt langer as die ander kant. Gelukkig was dit 'n maklike fout om te herstel en in 'n japtrap is die bokant voltooi. In die eerste foto kan julle sien wat die kumulatiewe gevolg was van daardie fout, in die hoek regs-bo...

While I was busy adding the last border, I noticed that my panel came up short. First I thought that I cut the fabric wrong, but after some investigation I realised that I miss-stitched a seam and thus the one side of the quilt was longer than the other. Luckily this was an easy fix and in no time the top was finished. In the first photo, you can see what the cumulative result was from that mistake, in the corner top right...

Tot later!

Until later!

2 comments:

  1. It looks great! I see one has approved the quilt already! Good help there! :)

    ReplyDelete
  2. Iemand het reeds jou handewerk goedgekeur!!! Jou boetie gaan baie van sy kwilt hou.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.