Friday 23 October 2015

Net 'n vinnige inloer

Hi almal! Wil net sê ek leef nog en jammer dat ek so stil is.

Die lewe het 'n paar kronkels in ons pad gestrooi en ek het min lus vir kwiltwerk op die oomblik. Ek sal later 'n paar foto's opsit van als wat ek tot dusver gedoen het, maar ek waarsku julle dat dit niks besonders is nie.

Tot later!

Hi everybody! I just wanted to say I am still alive and sorry that I am so quiet.

Life has thrown a few twists in the road and I have no want for quilting at the moment. I will post a few pictures of everything that I have done so far, but I do warn you it is nothing magnificent. 

Until later!

Saturday 25 July 2015

Borduur Kerskwilt - Blokke 2 en 3

My borduurkwilt vorder redelik goed, tot op hede. Ek het Blok 2 klaar en was nog besig om 'n gaping te soek sodat ek daaroor kon blog. Terwyl ek vir die gaping gesoek het, het ek blok 3 ook klaar. Dis darem 'n klein blokkie gewees, dus het daar geen wonderwerke gebeur nie.

My embroidery quilt is progressing, up to now. I finished Block 2 and was waiting for an opportunity to write a blog post about it. While waiting for the opportunity, I finished block 3 as well. It is a small block, so no miracles happened in the meantime.


Blokke 1 - 3 / Blocks 1 - 3
  
 Blok 3 van nader / Closer look at Block 3

Blok 4 is gereed en ek het ook al 'n paar steke vasgewerk. Dis egter te groot om in een foto te sit, dus hier is die prentjie in 3 dele (my kamera se "panoramic view" wou nie saamwerk nie)

Block 4 is prepped and I have already put a few stitches on it. It is, however, to big to put in one photo, so here is the picture in 3 parts (my camera's panoramic view wasn't working with me)


Linkerkant / Left side

 Middel / Centre
 
Regterkant / Right side
 
Wat ek tot dusver geleer het, is dat dit is baie moeilik om met Metallic gare te werk as jy nie die regte naald het nie. Ek hoop om binne-kort 'n naald te hê wat sal saamwerk met hierdie gare. Enige voorstelle, van die van julle wat gereeld handborduurwerk doen?

What I have learned so far, is that it is very difficult to work with Metallic thread if you do not have the right needle. I hope to have a needle that will accommodate the thread very soon. Any suggestions from those of you who does hand embroidery?
 
Laastens, ons het nou-die-dag 'n besoeker gehad - 'n Tarentaal! Hulle kom so een maal 'n jaar en dan hardloop hulle oor die mense se erwe. Gewoonlik bly hulle weg uit ons erf uit, maar hierdie keer was daar sommer 3, al spelende oor ons erf.
 
Lastely, we had a visitor the other day - a guinea fowl! They pass through the neigbourhood about once a year and normally they stay away from our yard. This time there were 3, all playing around in our yard!
 

 
Tot later!
 

Until later!

Thursday 2 July 2015

Borduur Kerskwilt

Die laaste paar weke het ek aan die Kerskwilt gewerk. Ek het besef dat die eerste blok nou al meer as 2 jaar 'n "work in progress" is en so het ek besluit om 'n daadwerklike poging aan te wend om dit te voltooi.

I have been working on the Embroidery Christmas quilt the last few weeks. I realised that this particular block has been a WIP for more than 2 years and so I decided to make an effort to complete it.

 Blok 1 / Block 1

Ek dink daar was een probleem met Blok 1 en moontlik die rede waarom dit so lank geneem het vir my om te voltooi - dit is vaal. Ek is lief vir helder kleure en die kleure in hierdie blok is baie...vervelig. Die detail in die blok was ook baie oorweldingend wanneer ek aan die blok gewerk het. Maar, ek het vasgebyt en die blok is klaar! 

I think there was one issue that I had with Block 1 and probably the reason it took so long for me to finish - it is dull. I love bright colours and the colours in this block are very...boring. The detail in the block also left me with a daunting feeling whenever I picked it up. But, I prevailed and it is finished!

Blok 2 is intussen voorberei en ek het reeds daaraan begin werk.

Block 2 has been prepared in the meantime and I have already started working on it.


 Blok 2 / Block 2

My potloodmerke op my blok 2 is redelik lig in die foto. Dis hoe die blok sal lyk wanneer dit klaar is.

Soos julle seker kan sien, is hierdie blok baie meer kleurvol en eenvoudiger, dus is die vordering sommer baie vinniger en ek geniet hierdie patroon ook meer.

Manlief het sopas 'n beker koffie voor my kom neersit...ek dink dis 'n skimp ;)

Tot later!

My pencil marks on my block 2 is very light. This is what the block will look like when it is finished.

As you can see, this block is much more colourful and simple, thus the progress on this one is much faster and I am enjoying the pattern more as well. 

Hubby just placed a mug of coffee in front of me...I think it is a hint ;)

Until later!

Sunday 19 April 2015

Kwilt in aksie

Vanoggend kry ek 'n epos vanaf Broer 2, om dankie te sê vir sy kwilt, wat hy verlede week ontvang het. Hy vertel dat hy dit geneem het op 'n piekniek en dat hy baie komplimente daaroor gekry het. Dis mos wat elke kwilter wil hoor, of hoe?

Ek is bly, Boetie, dat jy jou kwilt geniet. Mag julle nog baie gelukkige tye saam beleef!


Geniet jul Sondag!

This morning I got an email from Brother 2, thanking me for his quilt which he received last week. He said that he took it with him on a picknick and that he received a lot of compliments on it. Isn't that what all quilters want to hear?

I am glad, Brother, that you are enjoying your quilt. May you have many more wonderful times together!

Enjoy your Sunday!
Foto met vergunning van E.M. Groenewald  / Photo courtesy of E.M. Groenewald

Wednesday 8 April 2015

Broer 2 se kwilt is klaar

Broer 2 se kwilt is uiteindelik klaar en hang op die wasgoedlyn. Dit is so 'n plesier om die kwilt kant-en-klaar te sien. Ek hoop om dit hierdie naweek vir hom te gee.

Brother 2's quilt is finally finished and is hanging on the washing line. It is such a pleasure to see this quilt finished. I hope to give it to him this weekend.


Tuesday 24 March 2015

Dis hier! Dis hier!!!!

Na 'n lang periode van oorwegings, spaar, internasionale betalings, eposse, doane, bloed, sweet, trane, ens., is my nuwe naaldwerk masjien uiteindelik hier. Doane het dit vanmiddag vrygestel en ek het dit onmiddelik gaan haal - weens verskeie redes was ek in die area gewees.

After a long period of considerations, saving, international payments, emails, customs, blood, sweat, tears, etc., my new sewing machine is finally here. Customs released it this afternoon and I went immediately to pick it up - for various reasons I was in the vicinity.

Is dit nie te pragtig nie?! Ek het die tafelblad bygekoop om die kwiltwerk aan groot projekte te vergemaklik.

Isn't it beautiful?! I bought the extension table to make the quilting on big projects easier.






Kom ons gaan kwilt!

Let's go quilt!

Sunday 15 March 2015

'n Reënboog

'n Reënboog vir julle. Hoop jul het 'n heerlike dag!

A rainbow for all of you. Hope you will have a lovely day!


Thursday 12 March 2015

95% Klaar

Broer 2 se kwilt is feitlik klaar. Ek moet nou net die omboorsel aanwerk, die los gare insteek en dan die kwilt was. Ek hoop om genoeg tyd te hê om twee kussingslope ook te maak - maar met my seuntjie en die kat wat konstant my aandag vereis, is tyd 'n luukse.

Brother 2's quilt is nearly done. I just need to attached the binding, tuck in the loose threads and wash the quilt. I hope to have enough time to make two pillow casings as well - but with DS and the cat wanting my constant attention, time is a luxury.

Dis nie so sigbaar op die foto's nie, maar die buiterand se kwilt patroon is driehoeke en dan 3 paralelle lyne wat elke driehoek sny.

It doesn't show on the photos so well, but the border's quilting pattern is triangles and three parallel lines that cut each triangle.




Die kruissteek projek is ook nou klaar. Die skêr omhulsel se borduurwerk het goed verloop, maar ek het so bietjie aangejaag met die afwerking. Ek sal maar later weer een probeer en kyk of ek die afwerking beter kan doen.

The cross stitch project is also done. The embroidery for the scissor case came out well, but I messed up on the rest. I will make another one later and try to finish it off better.


Tot later!

Until later!

Thursday 12 February 2015

Sommer 'n klomp goed

My kwiltwerk op Broer 2 se kwilt vorder redelik goed. Ek het nou die medalje-gedeelte klaar en het net die randstroke oor om te kwilt. Daarvoor moet ek eers die kwiltpatroon op die kwilt/materiaal merk.

My quilting on Brother 2's quilt is coming along well. I have finished quilting the medallion and have only the borders still to quilt. For that I first need to draw the quilting pattern onto the quilt/fabric.


Ek het 'n blaaskans van die kwilt nodig gehad. Ek het dit egter nie besef nie, totdat 'n tydskrif my aandag getrek het verlede naweek. Dis 'n "stitchery" tydskrif, so ek kyk hulle gewoonlik mis. Maar hierdie keer was daar 'n kit bygewees en dis die kit wat my aandag getrek het

I needed a break from the quilt. However, I didn't realise it until  a magazine caught my attention last weekend. It is a stitchery magazine, so normally I look right pass them. But this time there was a kit with the magazine and it is this kit that caught my eye.


Ek het op laerskool laas kruissteek gedoen, so ek was opgewonde en angstig op dieselfde tyd. Teen die einde van Sondagaand het ek al 'n hele paar steke op die gaas gehad en 5 dae later is die eerste van die twee items klaar! Ek het met die skêr-gelukbringertjie (is dit die regte woord?) eerste begin, omdat dit die makliker projek is.

The last time I did cross stitching was in primary school, so I was excited and anxious at the same time. By Sunday night I had a few stitches on the aida and 5 days later I had the first item done! I decided to make the scissor fob first, because it was the easier project.

Vordering teen Sondagaand / Progress by Sunday night
Die agterkant / The back

Kant en klaar / Finished

Die volgende item is natuurlik die skêr houertjie, maar dit gaan my 'n rukkie neem. Ek sal maar tussen-deur die kwiltwerk daaraan aandag gee, anders gaan die kwilt nooit klaarkom nie.

The next item is off course the scissor keeper, but that might take me some time. I will work on it in-between the quilting, otherwise the quilt will never be finished.

Laastens, ek het 'n lieflike, geborduurde handdoek ontvang vanaf my vriendin Dilene, asook 'n kombers vir my seuntjie wat sy self gemaak het. Ek weet nie van julle nie, maar ek is dol daaroor om (aangename) verrassings in die pos te kry en hierdie was beslis 'n aangename verrassing.

Lastly, I received a lovely embroidered towel from my friend Dilene, as well a blanket for my son which she also made herself. I don't know about you, but I love getting (pleasant) surprises in the mail and this was indeed a pleasant surprise.

Die borduurwerk op die handdoek / Emboridery on the towel

 
Naby foto vir die detail / Close up for the detail

Boetie se kombers / DS's blanket

Dis wonderlik om kreatiewe vriendinne te hê. Dankie Dilene! Jy het my dag gemaak!

It is wonderful to have creative friends. Thanks Dilene! You made my day!


Monday 2 February 2015

Kwiltwerk tot dusver

Tot dusver het ek 'n groot deel van die kwiltwerk op Broer 2 se kwilt klaar. Op die oomblik is daar nog so 'n bietjie werk wat ek moet klaarmaak in die medalje-gedeelte voordat ek kan voortgaan en die rante kwilt.

Die kwiltwerk vertoon nie so goed op die voorkant nie, so ek wys net die agterkant.

So far I have quilted a large part of Brother 2's quilt. At the moment, there is still some quilting to be done on the medallion part of the quilt before moving on to the borders.

The quilting doesn't show so well on the front, so I am only showing the back.




Tuesday 6 January 2015

Veranderinge

Ek is ook besig om my blog 'n "face lift" te gee. Wees asb geduldig terwyl ek die veranderinge maak. Enige insette/voorstelle is ook welkom.

I am also busy giving my blog a "face lift". Please be patient while I make the changes. Any input/suggestions are welcome.

Broer 2 kwilt vordering

Voorspoedige 2015 aan almal! Hoop dis 'n jaar propvol van alles wat mooi is.

Happy 2015 everybody! Hope this is a year filled with everything that is good and beautiful.

Ek het nie veel gedoen nadat ek die hartjies-kwilt voltooi het nie. Ek het 'n blaaskans nodig gehad en het dit geneem. Verlede week het ek weer begin met my kwiltwerk deur aan Broer 2 se kwilt te werk en het die bokant klaargemaak. Die rugkant is gesny, asook die watte-ersel, en ek kan nou begin met die rygwerk.

I didn't do much after I completed the hearts quilt. I needed a rest and thus took it. Last week I restarted my quilting and worked on Brother 2's quilt. I have completed the top. The backing and batting is cut and I can begin with the basting



Ek was besig om die buitenste rand vas te werk, toe ek besef maar my paneel is te kort. Eers het ek gedog ek het verkeerd gesny, maar na verdere ondersoek het ek ontdek dat ek het 'n naat heeltemal misgestik en dus was die een kant van die kwilt langer as die ander kant. Gelukkig was dit 'n maklike fout om te herstel en in 'n japtrap is die bokant voltooi. In die eerste foto kan julle sien wat die kumulatiewe gevolg was van daardie fout, in die hoek regs-bo...

While I was busy adding the last border, I noticed that my panel came up short. First I thought that I cut the fabric wrong, but after some investigation I realised that I miss-stitched a seam and thus the one side of the quilt was longer than the other. Luckily this was an easy fix and in no time the top was finished. In the first photo, you can see what the cumulative result was from that mistake, in the corner top right...

Tot later!

Until later!