Sunday 14 December 2014

Hartjies-kwilt is klaar

Die hartjies-kwilt is klaar en is oorhandig aan die kliënt. Ek kan nie beskryf hoe verlig ek gevoel het toe die kliënt vir my sê hoe tevrede sy is nie. Ek het nou wel 'n week oor my tyd gegaan, maar alles is betyds klaar vir Kersfees - aangesien hierdie 'n kersgeskenk is.

The hearts quilt is finished and handed over to the client. I can't describe to you the relieve I felt when she told me how satisfied she is about the quilt. I did go a bid over my allotted time,  but everything is finished for Christmas - since this is a Christmas present.


Hier is die kwilt, oorgegooi op ons bed. Die kwilt meet 60" x 72". Boeta is heerlik aan die speel met pappa se boek aan die linkerkant...

Nou na die volgende kwilt! Maar eers na 'n ruskansie.

Here is the quilt, draped over our bed. The quilt measures 60" x 72". DS is happily playing with dad's book on the left....

Now, on to the next quilt! But first a short rest.


Wednesday 3 December 2014

Kwiltwerk is klaar

Die kwiltwerk op die hartjies-kwilt is nou klaar. Ek het meestal reguitlyn kwiltwerk gedoen, maar het rondom die hartjies 'n versiersteek (is dit die korrekte Afrikaans?) gebruik.

The quilting on the hearts quilt is done. I used mostly straight line quilting, but I used a decorative stitch on the hearts.

Volle aansig van die rugkant / Full view of the back
 
Aansig van nader vir die kwiltwerk / Closer view of the quilting

Die voorkant / The front

Al wat nou nog oorbly is die omboorsel en al die los gare in te werk.

All that is left is the binding and the hiding of all the loose threads.

Manlief het onlangs vir ons 'n troeteldier huistoe gebring. Kattie is van die straat af opgetel, en na al die nodige inspuitings en oriëntasie, is sy nou 'n deel van ons gesin. Sy word geskat 4 maande te wees en is baie geduldig met Boetie wat die heeltyd met haar ore en stert wil speel.

Recently Hubby bought home a pet. Kattie was picked up from the street and after all the necessary vaccinations and orientation, she is now a member of our family. She is guessed to be 4 months old and is very patient with DS who just wants to play with her ears and tail.



Kattie het ook onmiddellik begin met haar Kwiltwerk Inspekteur opleiding. Sy het gedurig die hoeke van die kwilt bestudeer en die merkpenne en my liniaal is ook nagegaan.

Kattie immediately started her Quilting Inspector training. She regularly checked the corners of the quilt and my makers and ruler were also inspected.