Thursday 6 November 2014

Op die kantlyn

Vordering met die hartjies-kwilt is maar stadig op die oomblik. Hoofsaaklik omdat ek te min materiaal vir die rugkant bestel het en vir 'n paar dae oor my probleem nagedink het. Gelukkig het 'n vriendin tot my redding gekom en van haar fleece materiaal aan my gegee. Dus is die kwilt tans besig om geryg te word - my gunstelling tydverdryf (ugh)!

Progress on the hearts quilt is slow at the moment. Mainly due to the fact that I did not ordered enough fabric for the back and I spent a few days pondering my problem. Luckily a friend came to my rescue with some fleece fabric from her stash. Currently the quilt is being basted - my favorite pastime (ugh)!

Terwyl ek my probleem bepeins het, het ek aan Broer 2 se kwilt gewerk. Die bo-kant is feitlik klaar. Aangesien ek alreeds die snywerk baie lank gelede gedoen het, was nog net die stikwerk oor. Dit het ek in 'n japtrap gedoen. Ek moet nog net die twee rante aangeheg, maar dit moet nou eers weer bietjie wag tot die hartjies-kwilt klaar is.

While I was pondering my problem, I worked on Brother 2's quilt. The top in nearly finished. Since I did the cutting a long while ago, I only had to do the stitching, which was done quick-quick. The two borders still need to be added, but that will have to wait until the hearts quilt is done.

Tot later!

Until later!