Sunday 27 July 2014

Materiaal

Die "kwiltwerk polisie" het my onder toesig, aangesien ek begin verveeld raak het met die borduurwerk en dit eenkant toe geskuif het. Gelukkig het 'n pakkie tot my redding verskyn!

The "quilting police" has me under surveillance since I got bored with the embroidery and pushed it to one side. Luckily a parcel came to my rescue!


 Twee FQ Bondels / Two FQ Bundles

 

Hierdie lieflike materiale (behalwe die wit met kolletjies en die goud) is vir 'n bestelling wat ek ontvang het vanaf 'n dame wat 'n kwilt wil hĂȘ vir haar kleindogter. Ek is besig om die laaste sny berekeninge te doen en sal sekerlik binne-kort weer agter die naaldwerkmasjien inskuif - iets wat ek nou vir byna 1.5 jaar nie gedoen het nie.

These lovely fabrics (except the white with dots and the gold) are for a custom order that I received from a lady who wants a quilt for her granddaughter. I am busy with the last cutting calculations and will shortly move in behind the sewing machine - something I haven't done now for nearly 1.5 years.

Hopelik sal dit die "kwiltwerk polisie" rustiger laat :)

Tot volgende keer.

Hopefully this will leave the "quilting police" at ease :)

'Till next time.