Friday, 24 October 2014

Bokant is klaar

Wel, 38 uur nadat ek begin werk het aan die kwilt, is die bokant uiteindelik klaar. Ek is heel tevrede met my werk.

Well, 38 hours after I started working on the quilt, the top is finally done. I am very satisfied with my work. 


Aangesien Boetie baie besig is en baie tyd van my vra, het ek besluit om net een uur per dag, elke dag, te spandeer aan die kwilt (behalwe naweke). Soms was ek gelukkig en kon ek bietjie meer doen, maar ek het by die skedule gehou en die resultate is bevredigend.

Nou moet ek die rugkant stik. Volgende week gaan ek die vordering vir die kliënt wys - ek hoop sy sal teverede wees.

Since DS is very busy and demanding a lot of my time, I decided to spend only one hour per day, every day, on the quilt (except weekends). Sometimes I was lucky and could do a little bit more, but I kept to the schedule and the results are satisfying.

Now I need to work on the back. Next week I will show the progress to the client. Hope she will like it.

'n Rukkie gelede het ons 'n "besoeker" gehad. 'n Naaldekoker het in ons motorhuis ingevlieg en net op die grond bly lê. Manlief het hom opgetel en na ons stoep geneem. Die naaldekoker was so gemaklik dat hy selfs op Manlief se arm bly sit het terwyl hy rondgeloop het en op die rekenaar gewerk het. Toe Manlief weer uitloop tot op die stoep, besluit die naaldekoker dis genoeg en vlieg weer weg. Ek wonder of hy net 'n bietjie wou rus?

'n Short while ago we had a "visitor". A dragonfly flew into our garage and didn't get up from the floor. Hubby picked him up and took him to our balcony. The dragonfly was so much at ease, that he sat on Hubby's arm while he walked around and worked on the computer. When Hubby went back to the balcony, the dragonfly decided that was enough and took off. I wounder if he just took a short pit stop?



1 comment:

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jou opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.