Friday 9 August 2013

Wat 'n verrassing!

Ek weet nie van julle nie, maar ek is mal daaroor om geskenke te ontvang. Of dit nou 'n sjokolade is en of dit iets baie duur of persoonlik is, 'n geskenk kom uit die hart uit en daarom waardeer ek dit ten seerste. Dus is dit geen verrassing om beskryf dat ek byna in trane uitgebars het toe Manlief gister met hierdie kosbare geskenk by die huis aankom nie...

I don't know about you, but I love receiving gifts. Whether it is a chocolate or something expensive or personal, a gift is from the heart and I appreciate it greatly. Thus, it won't be a surprise to note that I nearly burst out in tears when Hubby arrived home with this treasure yesterday...




Wat ek kon uitvind is dat hierdie dame is in 1963 vervaardig in Taiwan. Maar ek sukkel om die presiese model te kry. Sover my kennis strek is hierdie 'n model "15", maar ek verstaan ook dat daar verskei weergawes van model "15" vervaardig is. Hier is 'n paar ekstra foto's. Indien enige van julle weet presies watter model dit is, sal ek dit waardeer. Dit sal my help om die korrekte handleiding op te spoor.

What I could gather is that this lady was produced in 1963 in Taiwan. I am, however, struggling to confirm which model it is. As far as my knowledge goes, it is a model "15", but I also understand that there are various model "15"s. Here are a few additional photos. I would appreciate it if any of you can indicate which exact model this is. It will help me to find the correct manual for the machine.

Die masjien het 'n tru-rat / The machine has a reverse gear

 
Produksie nommer / Serial number

 
'n Onbekende nommer 5.14 / An unknown number 5.14
 
Ek is nie seker waarvoor die skroef in die middel is nie, en kon ook nog nie ander foto's kry wat dieselfde skroef het nie. Ek is dus nie seker of dit oorspronklik deel was van die masjien nie / I am not sure what the screw in the middle is for and I couldn't find any other photos with the same screw. I am thus not sure if it was part of the original machine.
 
Die spoeletjie is in 'n vertikale posisie. Meeste foto's wat ek kon kry wys 'n horisontale posisie. / The bobbin chamber is vertical. Most pictures I could find had a horizontal bobbin chamber.

Hoe dit okal sy, ek is in die wolke oor my geskenk. Dit het dalk 'n bietjie aandag nodig, maar ek gaan beslis hierdie masjien nie ignoreer nie. 

Tot later!

Which ever way, I am extremely happy about my gift. It does require a bit of TLC, but I will definitely not ignore this machine.

Until later!