Tuesday 16 July 2013

Veranderinge op die horison

Wel, julle dink seker ek het van die aardbol af verdwyn! Nie heeltemal nie, maar ek sal dalk vir die volgende jaar of so nie gereeld my blog kan opdateer soos ek graag wil nie.

Diegene wat ons persoonlik ken, is reeds bewus daarvan dat daar vir ons groot veranderinge in die baie nabye toekoms inwag. Vir die res van julle - waarom die geheim nie ook met julle deel nie?!

Well, you all probably think that I have disappeared from the surface of the earth! Not quite, but I might not update my blog as often as I would like for the next year or so.

Those that know us personally already know that we have big changes ahead of us in the very near future. For those that do not - why keep the secret from you?!


Jip, ons het 'n klein bondeltjie oppad en dit put my energievlakke totaal en al uit. Om voorsiening te maak vir die nuwe "permanente inwoner", is al my kwilting vir eers in 'n bokse, sodat ons addisionele leefruimte kan skep. Sodra als weer in 'n roetine val, sal die bokse uitgepak word en sal "normale" aktiwiteite weer voortgaan.

Tot later!

Yip, we have a little bun in the oven and it is completely draining my energy levels. To make provision for the new "permanent resident", all my quilting is packed in boxes in order to create additional living space. As soon as everything falls into routine again, will the boxes be unpacked and will "normal" activities be resumed.

Until later!