Thursday 7 March 2013

Huldeblyk

As jy haar gesien het, was sy besig met haar hande. Sy was gereeld in die tuin besig om nuwe blomme te plant of om bietjie snoeiwerk te doen. Of in die kombuis besig met die heerlikste gebak. As jy egter gelukkig was, kon jy haar in haar naaldwerk kamer sien waar sy besig was om meesterstukke te maak. Borduurwerk, gareverf (thread painting), breiwerk of selfs appliek. Ek het nou nog 'n rokkie wat sy vir my gemaak het. 'n Pragtige blou gebreide rokkie met 'n pienk rosie aan die voorkant. Sy het selfs vir my poppe klere gemaak! Daar was niks wat hierdie vrou nie kon doen met naald en gare nie. En ek glo 'n bietjie van haar liefde daarvoor is aan my oorgedra, maar ek wens ek kon net 'n druppel van haar ongelooflike talent gekry het.

Maar nou, al die pragtige blomme en kunswerke, alles wat sy met soveel liefde en oorgawe gemaak het, treur saam met ons almal.

My liefste Ouma, rus in vrede! Dankie vir al die wonderlike herninneringe.


She was always busy with her hands. She would be in the garden planting new flowers or doing some pruning. Or she would be in the kitchen busy with some wonderful baking. But, if you were lucky to find her in her sewing room, then you would see her making a masterpiece. Embroidery, thread painting, knitting or even applique.  I still have a little dress she made for me. A lovely knitted blue dress with a pink rose in the front. She even made some clothes for my dolls! There was nothing that she couldn't do with needle and thread. I do believe that some of her love for that was passed down to me, but I wish I could have only a drop of her talent!

But now, all the lovely flowers and the artwork, everything she made with so much love and passion, mourn with us all.

Dearest Grandmother, rest in peace! Thank you for all the wonderful memories.

1934 - 2013

5 comments:

  1. So sorry to hear about your loss. You and your family are in our thoughts.

    ReplyDelete
  2. Dis die allermooiste huldeblyk aan Ouma Ellen!!!!

    ReplyDelete
  3. My thoughts are with you in this sad period of time.

    ReplyDelete
  4. I am very late in commenting. But sorry for your loss.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.