Sunday 13 January 2013

Hallooo!!!

Die fees seisoen is nou weer iets van die verlede, almal is terug werk toe en die "rat race" het weer begin. Hier by ons is dit ook die geval. Maar, hier is 'n paar goedjies wat gebeur het terwyl ons almal heerlike fees gevier het:

The festive season is now again something of the past, everybody is back at work and the "rat race" started all over. Here it is also the case. But, here is a few things that happened while we were all celebrating in the festivities:

Ek het vir Manlief vir Kersfees 'n "fleece" Pikkewyn gemaak. Ek het die patroon uit 'n tydskrif gekry. Manlief is tans pikkewyn-mal en hierdie was die perfekte geskenk aan hom.

I made a fleece penguin for Hubby for Christmas. I found the pattern in a magazine. Hubby is currently penguin crazy, so this was the perfect gift for him.



Gepraat van Kersfees, ek het hierdie jaar besluit om nog 'n kerskwilt te maak. Aangesien ek hierdie wil kwilt wanneer ek daarvoor kans sien en nie omdat ek moet nie, begin ek sommer nou. Mens weet nooit hoeveel tyd ek gaan hê nie. Die kwilt bestaan uit borduurwerk en bietjie stikwerk. Ek het hierdie patroon ook uit 'n tydskrif gekry.

Speaking of Christmas, I decided to make another Christmas quilt this year. Since I want to quilt this year as I feel like it and not because I must, I decided to start now. Nobody knows how much time I will have to spend on quilting this year. I also got this pattern from a magazine.



Die prentjie is op Muslin afgetrek en sodra ek al die borduurgare het, sal ek aan die werk spring hiermee. Hierdie is ook die eerste blok van 12.

The picture is traced unto Muslin and as soos as I have all the embroidery thread, I will start working on this one. This is also the first block of 12.

Ons het dan ook Nuwejaar met 'n groot "bang" begin. Op 3 Januarie het Sikloon Dumile verby ons gegaan. Die sikloon het ons suster eiland - Reunion - ten volle getref, maar het 300km Wes van ons verby gegaan. Afgesien daarvan het ons rowwe winde en reën gehad. Dit was wel 'n kategorie 1 sikloon, maar dit gee jou 'n idee van wat Moeder Natuur kan doen.

We started the New Year with a big "bang". On 3 January, Cyclone Dumile passed us by on the West. The cyclone hit our sister island - Reunion - full on, but only passed us at about 300km away. Despite that, we had some strong winds and rain. Although is was only a category 1 cyclone, it does give you the idea of what Mother Nature can do.



As 'n mens in ag neem dat ons nie gewoonlik branders kry nie, a.g.v. die koraal rif rondom die eiland, is hierdie branders ongelooflik. Julle kan dan ook die idee van die wind kry in die tweede foto.

If you keep in mind that we don't normally get waves, due to the coral reef around the island, than these are amazing! You can get the idea of the wind in the second photo.

Dis al vir nou. Groete!

That is all for now. Regards!