Thursday 18 October 2012

Kussingslope

Na gister se inskrywing, moes ek net iets doen om myself beter te laat voel omtrent my kwiltwerk. Ek besluit toe om twee kussingslope te maak van die orige materiale van die kwilt. Ek het hierdie patroon gebruik

http://quilting.about.com/od/quiltpatternsprojects/ss/easy-pillowcase-pattern.htm

maar het dit bietjie aangepas. Dit is 'n vinnige en eenvoudige patroon.

After yesterday's post, I had to do something to make me feel better about my quilting. I decided to make to pillow cases from the left over fabrics of the quilt. I used this pattern

http://quilting.about.com/od/quiltpatternsprojects/ss/easy-pillowcase-pattern.htm

but made a few adjustments. It is a very quick and easy pattern.


Beste van als is dat ek die kwilt klein genoeg kan oprol en dit binne-in die kussingsloop plaas. Baie oulike manier om 'n kwilt  "toe te draai" as 'n geskenk.

The best thing is that I could roll the quilt up small enough for it to fit in the pillow case. Very cute way to wrap a quilt up in "gift wrapping". 


Tot later!

Until later!

Wednesday 17 October 2012

Suur saam met die soet...

Wel, my groot kwilt is uiteindelik klaar! Dit het my maar net 6 maande geneem om dit te maak, en vir my is dit 'n mate van 'n rekord. Ek dink die enigste ander groot kwilt wat ek so vinnig gemaak het was Manlief se kwilt. Julle sal egter nog 'n kort rukkie moet wag vir die finale produk. Ek sal graag eers die kwilt wil oorhandig aan Broer 1.

Well, my big quilt is finally finished! It only took me 6 months, which for me is a record. I think the only other big quilt I finished in such a "short" time is Hubby's quilt.You will have to wait a bit longer though, before I show the final product. I want to give the quilt to Brother 1 first. 

Ek het egter vir julle 'n vraag. Ek was gewoonlik nie my materiale voor die tyd nie, en dit blyk my dat "slim het sy baas gevang". Maar daar iets wat ek nie verstaan nie. Vir hierdie kwilt het ek Moda Marbles gebruik (behalwe vir die rugkant en die geel in die middel van die kwilt), en het alles by een internet winkel gekoop, waar ek gereeld materiaal koop. Maar, toe ek die kwilt was, het drie van die Marbles se kleur uitgegaan. Die kleur het nie "geloop" nie, dis net weg! EDIT - Ek was al my kwilte in koue water (30 grade Celsius)

I do however have a question for you. I don't normally pre-wash my fabrics, and it seem that it came back to bite me. But there is something I don't understand. For this quilt I used Moda Marbles (except for the backing and the yellow in the middle of the quilt), and I bought it all from one online shop, where I bought many times before. But when I washed the quilt, three of the Marble colours lost their colour. It did not run, it just dissapeared! EDIT - I wash all my quilts in cold water (30 degrees Celsius)

Vergelyk die oranje en die geel heel regs - dis heeltemal dof op die kwilt/  Compare the orange and the yellow on the far right - it is very dull on the quilt
 
Vergelyk die blou heel links - dis ook dof / Compare the blue on the far left - it is also very dull

 
Hierdie kleure is almal reg / These colours are all fine.

Ek het nog nooit probleme gehad met Moda Marbles nie, en nou het 3 kleure verbleik in dieselfde kwilt! Hoe is dit moontlik en waarom nie die ander Marbles nie? Het enige iemand anders hierdie klas verbleiking gehad, met of sonder was voor die tyd?

Groete

I never had problems with Moda Marbles before and now 3 fabrics faded on the same quilt! How can this happen, and why not the other Marbles? Have anyone else had this kind of fading before, pre-wash or no?

Regards

Tuesday 9 October 2012

Op die hond se stert

Hier is nie veel om te raporteer nie. My kwiltwerk het feitlik tot 'n stilstand gekom die laaste tydjie, en al waaraan ek werk is die groot kwilt.

Al die kwiltwerk is uiteindelik klaar, en ek is half-pad met die omboorsel. Om 8 meter se omboorsel vas te werk neem tyd... Dus gaan ek eerder vir julle foto's wys van die kwiltwerk. Dis eenvoudige reguitlyn kwiltwerk, al langs nie nate van die blokke/vorms af. Ek is versot op die resultaat.

Here is not much to report. My quilting has come to a stand still recently and all that I am working on is the big quilt.

All of the quilting is finished at last and I am halfway with the binding. To do 8 meters of binding takes some time, so I will show you some of the quilting instead. It is very simple straight line quilting, all along the seems of the blocks/forms. I really like the end result.





Ek het DMC veelkleurige gare (blou en rooi) gebruik vir die sterre en die gekleurde dele rondom dit. Vir die agtergrond en die rugkant het ek ooreenstemmende kleure gebruik.

I used DMC multi coloured thread (blue and red) for the stars and the coloured part around them. For the background and backing I used corresponding colours.

Dis dit vir eers! Groete tot later.

That is it for now! Regards until later.