Sunday 29 January 2012

Blogger's BOM 5

Hierdie maand se BOM is deur John Adams van Quilt Dad gemaak. Alhoewel dit 'n baie mooi blok is, was daar 'n tyd wat ek gewonder het: "presies wat het die man gerook?" Maar, hierdie was - wat my betref - die maklikste blok tot dusvêr.

This month's BOM is from John Adams at Quilt Dad. Although this is a lovely block, there was a moment when I thought to myself: "exactly what did this guy smoke?" But this was - in my opinion - the easiest block to make.



Hierdie is die lappies wat ek vir die blok gekies het. Daar is 8 stroke per blok, dus het ek dit goedgedink om van die vorige lappies se strokies te gebruik in hierdie blok, aangesien daar genoeg daarvan is. Dus het ek geen nuwe lappies gesny nie. Net vir die pret: daar is een lappie wat verskil tussen die twee blokke. Kan julle sien watter een?

These are the fabrics I chose for this block. Since there are 8 strips, I decided to use the previous blocks' strips for this block, because they were available. Thus, I didn't cut any new fabric for this block. Just for fun: there is one piece of fabric that differs between the two blocks. Can you spot it?



Om seker te maak en hou my stroke in volgorde, het ek dit aan die agterkant genommer. Hey, dit het gewerk...(Ek dink julle sal op die prentjie moet kliek om dit groter te maak, om die nommers te kan sien)

To make sure that I keep my fabrics in the correct sequence, I numbered it on the back. Hey, it worked...(I think you will have to click on the picture and make it bigger to see the numbers)


Dit was by hierdie stap en die volgende een wat ek begin wonder het of ek die instruksies reg volg...As dit nie vir die prentjies was nie, dink ek nie ek sou die blok reg gemaak het nie.

At this step and the next, I started wondering if I am following the steps right... If it wasn't for the pictures, I don't think I would have constructed the block right.


Op die einde het als tog reg uitgewerk. Soos ek gesê het, eintlik was hierdie 'n maklike blok.

In the end everything worked out. As I mentioned before, this was actually an easy block.


Natuurlik moes ek eers weer alles uitpak op die grond. Nou, as julle jul verbeelding gebruik en die "vermiste" blok invoeg, dan is dit min of meer die grootte van die oorspronklike kwilt. Aangesien dit nie regtig baie groot is nie, en ek 'n groot kwilt van hierdie projek wil maak, het ek besluit op twee blokke per patroon. Ek is baie bly ek het daardie besluit heel aan die begin gemaak, anders het ek baie werk gehad om op te vang!

Off course I had to arrange everything on the floor. Now, if you use your imagination, and add the "missing" block, you will have the size of the quilt. Since it is not very big, and I wanted to have a big quilt for this project, I decided to make two blocks of each pattern. I am very glad I made that decision in the beginning, otherwise I would have had a lot of catching up to do!



Dan het ek ook sommer die scrapbook inskrywing ook klaar. Ek hou nogal van hierdie bladsy, maar kan ek nie verduidelik hoekom nie.

I also finished the scrapbook entry. I like this page, but I can't explain why.

Sjoe, voel of ek nou 'n behoorlike opstel geskryf het! Hoop jul geniet ten minste die prentjies! Lekker dag!

Gosh, it feels as if I wrote a proper essay! I hope you enjoyed the pictures at least! Enjoy your day!