Friday 2 November 2012

Frienship Mini Quilt Swap

In September het ek deelgeneem aan 'n mini kwilt uitruiling. Dit was 'n geheime uitruiling, en dus kon ek nie veel daaroor blog nie, tot nou toe.

In September I took part in a mini quilt swap. It was a secret swap, thus I couldn't say much about it, until now.

Ons het almal 'n borduurwerk patroon gekry om te maak, en ons kon 'n kwilt daarmee skep. Die enigste vereistes was dat die kwilt moet 'n sekere grootte wees, en dat die borduurwerk daarin moet wees. Verder kon ons ons kreatiwiteit laat seevier.

We all received a stitchery and we had to make a quilt with it. The only requirements were that it had to be within a certain size and that the stitchery had to feature. Otherwise, we could set our creativity free.

Hier is my weergawe van die kwilt. Ek het met die "tuin" idee gebly en blomme ge-appliek met organza (soos met die kussings wat ek maak). My kwilt het aan Michele Foster van Quilting Gallery gegaan. Sy is ook die organiseerder van die uitruiling. (Dankie Michele vir jou insette en 'n wonderlike projek).

Here is my version of the quilt. I stayed with the "garden" idea and appliqued some flowers with organza (just like with my pillows). My quilt went to Michele Foster from Quilting Gallery. She is also the organizer of the swap. (Thank you Michele for your input and a wonderful project.)


 My "spook" was Benita Gustavsoon uit Swede. Sy het hierdie pragtige rooi-werk weergawe gemaak. Sy het ook die oulike skinkbord met Dalaperde gestuur. Baie dankie Benita. Die kwilt en skinkbord gaan baie geniet en waardeer word.

My "secret partner" was Benita Gustavsson from Sweden. She made this lovely redwork version. She also send me this cute tray with Dala horses. Thank you very much Benita. The quilt and tray will be enjoyed and appreciated.



Ek sal graag weer in so 'n uitruiling wil deelneem, wanneer die tyd en geleentheid dit toelaat.
Groete vir eers!

I would like to take part in another swap like this, when the time and opportunity allows it.
Regards for now!

2 comments:

  1. Gorgeous mini quilts both of them! Always fun to wait for a surprise you don't know where is coming from. Dala horses are Sweden! :)

    ReplyDelete
  2. Albei mini kwilte is pragtig.Jy's voorwaar baie gelukkig om kwilt uit Swede te kry!!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.