Tuesday 4 September 2012

Lentedag

Hier in die suidelike halfrond begin lente weer sy kop uitsteek. Die weer begin weer warmer word, en die begeerte om weer in die natuur rond te loop brand in ons. Daarom dat ons en 'n klomp vriende weer die naweek gaan stap het -  nie omdat dit Lentedag was nie, maar net omdat dit lekker is.

Here in the southern hemisphere, spring is showing its head again. The weather is edging towards the warmer side and the desire to be out in nature is burning again. That is why our friends and us went on an hike this weekend - not so much because it was Spring day, but just because it is so much fun.

Ons uitstappie het begin met 'n besoek aan Grand Bassin. Dis 'n meer wat in 'n krater gevorm het. Vir die Hindu gemeenskap is dit 'n heilige plek, en daar is tempels en beelde van die verskillende gode, asook van Lord Shiva.

Our first stop on our field trip was at Grand Bassin. This is a crater lake. For the Hindu community, this is a sacred place and have build temples and statues for their gods, including Lord Shiva.


 
 




Vandaar is ons na die Black River Gorges toe vir 'n staptog. Die weer het gedreig om te reën, maar gelukkig was geluk aan ons kant. Nie te min, dis was 'n bewolkte dag, met 'n koue wind en so nou en dan 'n paar druppels reën. Soms het die wolke oopgetrek en lieflike sonskyn deurgelaat.

From there we went to the Black River Gorges for a hike. The weather threatened to rain, but luck was on our side. None the less, it was a cloudy day with a cold wind and few drops of rain. Sometimes the sky would clear up and some wonderful sunshine would pass through.



Afgesien van die son, is dit hoe meeste van die roete gelyk het...nat en modderig. My skoene was 'n gemors, maar dankie tog vir Handy Andy!

Despite the sun, this is what our track looked like...wet and muddy. My shoes were a mess, but thank goodness for Handy Andy!


 Die diere was min hierdie keer. 'n Paar voëls was sigbaar, asook hierdie outjie...

The animals were few this time. There was some birds, and then this guy...

 
Wel, hoe het julle jul naweek en Lentedag spandeer? Groete vir eers.

Well, how did you spend your weekend and Spring day? Regards for now.

3 comments:

  1. Spring? Ofcourse, you live on the southern hemisphere.
    Thank you for your trip in pictures and enjoy the springtime!

    ReplyDelete
  2. It is hard to remember that people living in the southern half of the world have opposite seasons that us in the north. Spring is a wonderful time of year no matter where.

    ReplyDelete
  3. A wonderful and fun day out in the jungle! :)

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.