Wednesday 19 September 2012

Bietjie snywerk

Ek moet ongelukkig erken dat ek nie veel het om oor te skryf nie. Sedert my laaste inskrywing, het ek feitlik net kwiltwerk gedoen aan Broer 1 se kwilt. Ek moet ook erken dat ek begin nou verveeld raak, en dat die kwiltwerk meer werk as plesier begin word. Ek het nog 'n klein stukkie om te kwilt en dan die rantstrook. Die kwiltwerk gaan nie regtig op die foto wys nie en daarom het ek besluit om nie een op hierdie stadium te neem nie.

I must admit that I don't have much to say. Since my last entry, I have only been quilting on Brother 1's quilt. I must also admit that I am getting tired of it and it is becoming more work than play. I still have a small piece to do as well as the border. Unfortunately the quilting won't show on a photo, so I decided not to take one now.

Aan die kander kant, het ek wel 'n paar stukkies materiaal gesny tydens ons dag lange kragonderbreking (wat maar net 5 uur lank geduur het) verlede week. Ek het die stukke gesny vir die Blogger's BOM van verlede maand asook Broer 2 se kwilt materiale.

On the other hand, I did do some cutting of fabrics during our day long power failure last week (which lasted for 5 hours). I cut the pieces for last month's Bloggers BOM block as well as Brother 2's quilt fabrics.



Die blokke aan die linker kant gaan nog verder verwerk word tot in half-vierkant-driehoeke / The blocks on the left will be cut further into HST's.

Vir diegene wat geinteresseerd is, dit gaan goed met die baba vissies. Tydens die kragonderbreking, het ALMAL van hulle uit die broeinet ontsnap. Ek het byna 'n hartaanval gehad, maar het later gesien dat die volwasse visse die kleintjies ignoreer. So, toe los ek hulle. Daar blyk in totaal 11 kleintjies te wees - een baie groot een en 10 kleiner vissies.

For those interested, it is going well with the baby fish. During the power failure, ALL of the babies escaped from the breeding net. At fist I nearly had a hart attack, but later noticed that the adult fish are ignoring them. So, I let be. There seems to be 11 fry in total. One which is huge and 10 smaller fry.

"Groot" baba en 4 klein baba vissies / "Big" baby and 4 smaller fry

Dis dit vir eers. Tot later!

That is it for now. Until later!

Tuesday 4 September 2012

Lentedag

Hier in die suidelike halfrond begin lente weer sy kop uitsteek. Die weer begin weer warmer word, en die begeerte om weer in die natuur rond te loop brand in ons. Daarom dat ons en 'n klomp vriende weer die naweek gaan stap het -  nie omdat dit Lentedag was nie, maar net omdat dit lekker is.

Here in the southern hemisphere, spring is showing its head again. The weather is edging towards the warmer side and the desire to be out in nature is burning again. That is why our friends and us went on an hike this weekend - not so much because it was Spring day, but just because it is so much fun.

Ons uitstappie het begin met 'n besoek aan Grand Bassin. Dis 'n meer wat in 'n krater gevorm het. Vir die Hindu gemeenskap is dit 'n heilige plek, en daar is tempels en beelde van die verskillende gode, asook van Lord Shiva.

Our first stop on our field trip was at Grand Bassin. This is a crater lake. For the Hindu community, this is a sacred place and have build temples and statues for their gods, including Lord Shiva.


 
 




Vandaar is ons na die Black River Gorges toe vir 'n staptog. Die weer het gedreig om te reën, maar gelukkig was geluk aan ons kant. Nie te min, dis was 'n bewolkte dag, met 'n koue wind en so nou en dan 'n paar druppels reën. Soms het die wolke oopgetrek en lieflike sonskyn deurgelaat.

From there we went to the Black River Gorges for a hike. The weather threatened to rain, but luck was on our side. None the less, it was a cloudy day with a cold wind and few drops of rain. Sometimes the sky would clear up and some wonderful sunshine would pass through.



Afgesien van die son, is dit hoe meeste van die roete gelyk het...nat en modderig. My skoene was 'n gemors, maar dankie tog vir Handy Andy!

Despite the sun, this is what our track looked like...wet and muddy. My shoes were a mess, but thank goodness for Handy Andy!


 Die diere was min hierdie keer. 'n Paar voëls was sigbaar, asook hierdie outjie...

The animals were few this time. There was some birds, and then this guy...

 
Wel, hoe het julle jul naweek en Lentedag spandeer? Groete vir eers.

Well, how did you spend your weekend and Spring day? Regards for now.