Friday 27 July 2012

Ditjies en datjies

Wel, na byna 'n maand van stilte, is dit seker weer tyd dat ek iets sê. Om die waarheid te sê, is daar nie regtig veel om te vertel nie. Manlief se ouers het 'n rukkie by ons kom kuier, en ons het natuurlik heerlik rondgery en plekke gesien...

Well, after a month of nothing, I suppose it is time that I say something. To tell the truth, there isn't much to talk about. Hubby's family came for a visit, and we enjoyed showing them the scenery and places...


Die gesig in die berg...kan julle dit sien? (Julle sal dalk op die foto moet kliek om dit groter te maak om die gesig te kan sien) / The face in the mountain...can you see it?(You will probably have to click on the photo and make it bigger to see)


Le Morne Brabant, van aangesig tot aangesig / Le Morne Brabant, up close and personal


Coin de Mire eiland / Coin de Mire island




Krokodille by La Vanille krokodil plaas. Dis 'n leker dag-uitstappie en julle sien meer as net leer handsakke en -skoene :) (Wanneer julle op die website is, werk die foto gallary selgs as julle die Franse taal kies)

Crocodiles at La Vanille Crocodile farm. It is a lovely day-trip, and you can see much more than just leather handbags and shoes :) (If you are on the website, the photo gallery only works when you are choosing the French language option)

Wat my kwiltwerk aanbetref, is ek steeds besig om aan Broer 1 se kwilt te werk. Ek het 'n bietjie van 'n probleem gehad in terme van spasie. Aangesien die kwilt 2m by 2m is, is die kamer waarin ek gewoonlik werk, se vloerspasie te klein om die watteersel en die rugkant te meet en te sny. Die gevolg is dat ek myself tuisgemaak het in die gang...

Regarding my quilting, I am still busy with Brother 1's quilt. I had a bit of an issue regarding space. Since the quilt measures 2 meter x 2 meter, the floor space in room where I normally work in is too small to measure and cut the batting and backing. The result is that I decided to "camp out" in the hallway for a while...

Ek is tans besig met die rygwerk en is beslis nie van plan om weer so lank te neem soos met my ander kwilte nie. Ek kon gistraand redelik baie gedoen kry, want Manlief het gesit en Olimpiese sokker gekyk. Dis nie regtig vir my interessant nie, dus het ek eerder tyd op die kwilt spandeer.


Currently I am busy with the basting and I don't plan to take as long as with my other quilts in the past. Last night I managed to get a lot done since Hubby watched Olympic soccer on TV. I don't care much for that, so I spend some time on the quilt instead.






Laat die rygwerk marathon begin! / Let the basting marathon begin!

1 comment:

  1. Gorgeous quilt! I'm sure your bro will like it! Nice places you visited... Ages since we've been to the crocodile park, must be some changes out there... Have fun basting! :))

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.