Wednesday 27 June 2012

Bokant klaar!

Die bokant van Boetie 1 se kwilt is klaar! Ek is heel teverede met die resultaat. Aangesien hy belang stel in die veld van Wetenskap, het ek gedink hy sal dit waardeer indien ek die kleure van die warmste na die koudste rangskik in die kwilt, met Cyan/Turquoise (weet nooit watter een dit regtig is nie) as die bindende kleur.

The top of Brother 1's quilt is finished. I am really happy with the result. Since he is interested in the field of Science, I thought he would appreciate it if I arrange the colours in the whole quilt from the hottest to the coolest, with Cyan/Turquoise (I never know which one it really is) as the binding colour.


Jammer as die foto bietjie snaaks lyk. Ek het iets nuuts probeer en dit wil nie werk soos ek dit wil hê nie, maar julle kry darem die idee van hoe die kwilt lyk.

Sorry if the photo is a bit funny. I tried something new and it did not work out exactly as I wanted, but you get the idea of how the quilt looks.

Ek gaan vir die volgende rukkie "van die lug af" wees. Ons kry more gaste vir twee weke, en ek dink daar gaan min tyd wees vir my om te spandeer aan kwiltwerk.

Tot later!

I am going to be "off the air" for a while. We are getting visitors tomorrow, and they are staying for two weeks. I don't think I will have much time for sewing.

Until later!

Thursday 21 June 2012

Goeie vordering

Ek het uiteindelik nog gare gekry vir Boetie 1 se kwilt, en het laat wiel. Al die blokke se stikwerk is gedoen en die stroke vir die rand is gesny. Ek het 'n paar dae gesit en wonder oor hoe ek die rand moet maak, want ek was nie tevrede met my vorige idees nie. Gelukkig het ek nou op iets besluit wat my sommer baie opgewonde het, en dit is nie eers 'n baie moeilike patroon nie. Ek sal die eindresultaat vir julle wys sodra dit klaar is. Miskien nog hierdie naweek.

At last I got the thread I needed for Brother 1's quilt, and jumped into action. All the blocks' sewing is done and the strips for the border are cut. I spend a few days pondering about the border, as I was not very happy with my initial ideas. Luckily I have decided on something that has me very excited, and it is not even a difficult pattern. I will show you the end results later, maybe this weekend still.




Groete / Regards

Wednesday 13 June 2012

NYB Blok 6

Hoera! Nog een is klaar. Ek het dit geniet om hierdie een te maak. Soveel so dat ek vergeet het om foto's te neem. Hopelik sal ek volgende keer 'n inskrywing met bietjie meer "lyf" kan maak.

Groete

Yippee! Another one is finished. I enjoyed making this block. So much so that I actually forgot to take some pictures. Hopefully I will write a post with bit more "body" next time.

Regards


Tuesday 5 June 2012

NYB Blok 5

Terwyl ek wag vir 'n geleentheid om Port Louis of Curepipe toe te gaan sodat ek kan gare koop, werk ek maar aan ander projekte. Die New York Beauty Quilt Along is al iets van die verlede, en ek is natuurlik die agteros... Nie te min, hier is my Blok 5:

While I am waiting for a chance to go to Port Louis or Curepipe to buy some thread, I am working on a few other projects. The New York Beauty Quilt Along is already a thing of the past, yet here I am trotting along...Non the less, here is my Block 5:




En hier is almal by mekaar / And here they are, all together


Nog 5 om te gaan... Ek sal kyk hoeveel materiaal aan die einde oorbly, en miskien nog 'n paar blokke maak om sodoende die kwilt bietjie groter te maak.

5 more to go...I will see how much fabric is left in the end and maybe make a few more blocks just to make the quilt a big bigger.

Nou, 'n raaisel vir julle: kan enige iemand vir my vertel presies wat die doel van hierdie sambreel is? Ek glo nie 'n mens kan onder dit lê en sonbrand nie. Miskien 'n koeltekol vir die visse?

Now, riddle me this: what exactly is the use of this umbrella? I don't think one can lie underneath it and tan. Maybe some shade for the fish?


Tot volgende keer! / Until next time!

Saturday 2 June 2012

En toe is my gare op...


Hier sit ek, heel gelukkig agter die naadlwerkmasjien. Eweskielik vra 'n klein stemmetjie vir my: "hoeveel gare het jy oor?" Ek bekyk die tol in die masjien, en merk op dat ek nie veel gare oor het nie. Ek staan op en gaan na my gare kassie, en merk op dat ek gladnie meer van hierdie gare het nie...hmmm. Dit beteken ek moet nou eers weer gare koop voordat ek verder aan Boetie 1 se kwilt kan werk. Ek het egter redelike goeie vordering gemaak hierdie naweek.

Here I am, very happy behind the sewing machine. Suddenly, a little voice asks me: "how much thread do you have left?" I study the spool in the machine, and notice that it is almost finished. I get up and go to my thread cabinet, and notice that I don't have any more of this thread...hmmm. This means that I need to buy some more before I can go on working on Brother 1's quilt. I did however manage to make some good progress on it this weekend.


Nog net twee rye en die randstrook, dan is die bo-kant klaar.
Geniet jul naweek!

Just two more rows and the border, and then the top is finished.
Enjoy your weekend!