Monday 9 April 2012

Klein terugslag

Hierdie naweek het ek besluit om al my ander projekte op sy te sit, sodat ek my Raggedy kwilt kan klaarmaak. Na 2 jaar se aan en af werk, dink ek dis tyd om hom klaar te maak - en voorbereid te wees vir die Winter. Mauritius se winters is nie baie koud nie, maar dit is koud genoeg vir my om onder 'n kombers te sit en boek te lees of tv. te kyk.

Die kwiltwerk is klaar, en ek is nou besig met die afronding. Maar voordat ek by hierdie punt gekom het, was dit 'n bietjie "twee tree vorentoe en tree terug" situasie. Sien, ek was so vuur en vlam om hierdie kwilt klaar te maak, dat ek nie altyd gekonsentreer het op wat ek doen nie. Die eind resultaat...

This weekend I decided to push all my other projects aside and finish my Raggedy quilt. After 2 years in progress, I thought it is time to finish it and be prepared for Winter. The winter in Mauritius isn't really cold, but cold enough for me to sit underneath a blanket and read or watch tv.

The quilting is finished and now it is in the  final touches stage. But before I got to this stage, I had a "two steps forward, one step back" situation. I was so fired up to finish this quilt, that I did not always concentrate on what I was doing. The end result...


... 'n hoek van die kwilt het onder die deel wat ek aan werk ingevou, en ek het dit vasgewerk aan die res van die kwilt. Gelukkig was ek net halfpad met daardie blok, en die los torring het nie te lank gevat nie. Noodeloos om te sê dat ek daarna meer noukeurig gewerk het :) Ek hoop om die kwilt binne die volgende twee weke klaar te hê.

... a corner of the quilt folded underneath the part I was working on, and I quilting everything together. Luckily I was only halfway with this block, and the ripping didn't take too long. Needless to say, I paid more attention to what I was doing afterwards :) I hope to have this quilt finished within the next two weeks.

Wat ons nesbouers-vriende betref: hulle was vir 'n rukkie baie stil. Ons het opgemerk dat om die deure in die aande toe te maak, keer hulle om by die gordyne en vensterbanke uit te kom en hul nes te bou vroeg in die oggende. Dit het baie goed gewerk, en hulle het later 'n ander plekke gekies om te bou. Die laaste ruk het ons ook baie reën gekry, en ek dink hul nessie het beskadig geraak, want hulle is terug. Nou, in plaas van net in die oggende nessie bou, probeer hulle die hele dag, elke oomblik wat hulle kan. My arme vloer en gordyne is vervuil met grassies en stokkies. Maak ek die deure toe, vergaan ek van die hitte; hou ek die deure oop, bou hulle nes...wat 'n raaisel om op te los!

Regarding our nest building friends: they have been quiet for a while. We noticed that when we close the doors at night, they can't get to the curtains and windowsills early in the morning to build. This worked very well, and soon they picked another place to build their nests. We had a lot of rain lately and I think their nest got damaged because they are back. Now, instead of just building in the mornings, they are building throughout the day and any chance they can get. My poor curtains and floor is covered in twigs and grasses. When I close the doors, I die from the heat; when I keep them open, the birds try to build their nest...what a conundrum!


Tot later! / Until later!

3 comments:

  1. Soms is het goed om even een aantal dingen opzij te leggen. Je zult merken dat je dan sneller opschiet.
    Die vogels zijn wel echte volhouders...!

    ReplyDelete
  2. Oh ja, dat is vervelend als je de verkeerde stukken aan elkaar quilt.
    Wat eigenaardig dat de vogels een nest bouwen als jullie naar de winter toe gaan?
    Het zijn wel volhouders!

    ReplyDelete
  3. LOL! I think it's something in the air... I did the same last week when I quilted a table topper. Can't wait to see Raggedy Anne done! HAH! So your 'tenants' haven't given up! They are really something!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.