Friday 27 April 2012

Die fases van my kwit

In plaas daarvan dat ek huidige projekte voltooi (inhaal van die NYB Quilt Along en die Blogger's BOM) het ek eerder besluit om 'n nuwe projek te begin. Hierdie projek is op my lysie, dus voel ek nie te skuldig nie :)

Ek het nog nie eers 'n steek vasgelê nie, maar ek kan alreeds 'n klomp fases sien waardeur 'n kwilt moet gaan:

In stead of completing existing projects (catching up of the NYB Quilt Along and Blogger's BOM), I started a new project. This project is on my list, so I am not feeling too guilty :)

I haven't made one stitch yet, but I can already see a few phases through which a quilt must go:

1.  Voorbereiding (beplanning, aankope en snywerk) / Preparation (planning, purchasing and cutting)

Hierdie fase is die begin van die begin. Hier droom jy oulike patrone en kleurskemas op, koop die korrekte (m.a.w. baie) hoeveelheid materiaal en begin sny.

This phase is the start of everything. You dream up some lovely patterns and colour schemes, buy the correct (in other words "a lot") amount of fabric and start cutting.


2. Legkaart bou / Building the Puzzle

Nou begin jy die stukkies materiaal groepeer en plaas, soos wat jy dit in jou wonderlike droom gehad het...en dan besef jy iets lyk nie heeltemal reg nie...

Now you group and place the fabric, just as you had it in your wonderful dream...and then realize something is not quite right...


In my wonderlike droom, het ek gesien hoe die kleure van lig na donker vloei deur die kwilt. Maar die metode wat ek gebruik het om die kleure te laat vloei, is eintlik besig om die kleure in mekaar in te gooi! O wel, daar gaan my "nuwer wetse" idees.

In my wonderful dream, I saw the colours flow from light to dark. But in reality, the method I chose resulted in the colours being thrown at each other! Well, so much for "new school" ideas.

3. Regstellings / Adjustments

Die wonderlike droom is nou realiteit, en nou begin jy nugter dink. Vinnig-vinnig is die foutjies herstel, en die kwilt lyk sommer stukke beter. Maar dis nie al nie. Ek het ook verder gedink...die persoon vir wie ek hierdie kwilt maak is byne 2 meter lank. Alhoewel die kwilt 'n bree rand kry, het ek gedink dis beter om die fokuspunt te vergroot...

The wonderful dream is now reality and you are starting to think straight. All the little mistakes are quickly repaired and the quilt looks much better. But that is not all. I thought a bit further...the person for whom I am making this quilt, is nearly 2 meters tall. Although the quilt is getting a broad border, I thought it a better idea to make enlarge the focal point...

 Na die regstellings / After the adjustments
 
Bietjie ekstra bygesit / Additions

Deur die ekstra ry blokke by die voeg, het ek die materiaal wat ek sou mors (deur dit te verwyder met die regstellings) gebruik. Dus spaar ek materiaal!

Dis natuurlik net die begin, maar dis die belangrikste gedeelte van die kwilt se vorming. Nou kan ek agter die naaldwerkmasjien inskuif, en hierdie stukkies lap aanmekaar begin vaswerk.Hoera!

Nou is ek eers moeg met lappies gespeel. Moet seker begin met aandete...Tot later!

By adding the extra blocks, I used the fabric that I would otherwise have wasted (by removing them with the adjustments). Thus, I saved fabric!

This is of course only the beginning, but it is the most important part of the quilt's formation. Now I can move in behind the sewing machine and start sewing these pieces together.Yippee!

Now I am done playing with fabrics. I suppose I need to get dinner started...Until later!

Saturday 21 April 2012

Uiteindelik klaar!

Ek dink, oor die afgelope 2 jaar, het ek genoeg gepraat oor die kwilt, dus sal ek net die foto van die finale produk vir jul wys...

I think I spoke enough about this quilt the last two years, so I will just show you the photo of the finished product...


Monday 9 April 2012

Klein terugslag

Hierdie naweek het ek besluit om al my ander projekte op sy te sit, sodat ek my Raggedy kwilt kan klaarmaak. Na 2 jaar se aan en af werk, dink ek dis tyd om hom klaar te maak - en voorbereid te wees vir die Winter. Mauritius se winters is nie baie koud nie, maar dit is koud genoeg vir my om onder 'n kombers te sit en boek te lees of tv. te kyk.

Die kwiltwerk is klaar, en ek is nou besig met die afronding. Maar voordat ek by hierdie punt gekom het, was dit 'n bietjie "twee tree vorentoe en tree terug" situasie. Sien, ek was so vuur en vlam om hierdie kwilt klaar te maak, dat ek nie altyd gekonsentreer het op wat ek doen nie. Die eind resultaat...

This weekend I decided to push all my other projects aside and finish my Raggedy quilt. After 2 years in progress, I thought it is time to finish it and be prepared for Winter. The winter in Mauritius isn't really cold, but cold enough for me to sit underneath a blanket and read or watch tv.

The quilting is finished and now it is in the  final touches stage. But before I got to this stage, I had a "two steps forward, one step back" situation. I was so fired up to finish this quilt, that I did not always concentrate on what I was doing. The end result...


... 'n hoek van die kwilt het onder die deel wat ek aan werk ingevou, en ek het dit vasgewerk aan die res van die kwilt. Gelukkig was ek net halfpad met daardie blok, en die los torring het nie te lank gevat nie. Noodeloos om te sê dat ek daarna meer noukeurig gewerk het :) Ek hoop om die kwilt binne die volgende twee weke klaar te hê.

... a corner of the quilt folded underneath the part I was working on, and I quilting everything together. Luckily I was only halfway with this block, and the ripping didn't take too long. Needless to say, I paid more attention to what I was doing afterwards :) I hope to have this quilt finished within the next two weeks.

Wat ons nesbouers-vriende betref: hulle was vir 'n rukkie baie stil. Ons het opgemerk dat om die deure in die aande toe te maak, keer hulle om by die gordyne en vensterbanke uit te kom en hul nes te bou vroeg in die oggende. Dit het baie goed gewerk, en hulle het later 'n ander plekke gekies om te bou. Die laaste ruk het ons ook baie reën gekry, en ek dink hul nessie het beskadig geraak, want hulle is terug. Nou, in plaas van net in die oggende nessie bou, probeer hulle die hele dag, elke oomblik wat hulle kan. My arme vloer en gordyne is vervuil met grassies en stokkies. Maak ek die deure toe, vergaan ek van die hitte; hou ek die deure oop, bou hulle nes...wat 'n raaisel om op te los!

Regarding our nest building friends: they have been quiet for a while. We noticed that when we close the doors at night, they can't get to the curtains and windowsills early in the morning to build. This worked very well, and soon they picked another place to build their nests. We had a lot of rain lately and I think their nest got damaged because they are back. Now, instead of just building in the mornings, they are building throughout the day and any chance they can get. My poor curtains and floor is covered in twigs and grasses. When I close the doors, I die from the heat; when I keep them open, the birds try to build their nest...what a conundrum!


Tot later! / Until later!

Monday 2 April 2012

NYB blok 4 en BOM blok 7

Ek moet sê dat die NYB- en BOM quilt along hou my goed besig. Soveel so dat ek begin telling verloor oor waar ek is in elke projek. Gelukkig het ek vorige blog inskrywings om op terug te val :)

Hierdie week se NYB is van Kati by from the blue chair. Dit wil vir my voorkom, dat hoe groter die kontras in die NYB blokke, hoe beter lyk die blok. Ek het so gekonsentreer op die patroon en stikwerk, dat ek skoon vergeet het om foto's van die proses te neem.

I must admit that the NYB and BOM quilt along is keeping me busy! So much so that I am starting to loose count on where I am in each project. Luckily I have my previous blog entries to fall back on :)

This weeks NYB is from Kati over at from the blue chair. It seems to me that, the bigger the contrast in the block, the better the presentation. I concentrated so much on the pattern and stitching, that I completely forgot to take pictures of the progress.


Hier is al die blokke wat ek tot dusver voltooi het / Here are all the completed blocks thus far


Na al die konsentrasie op die die NYB, was die volgende Blogger's BOM blok kinderspeletjies! En dit was baie welkom, want nog 'n ingewikkelde blok sou vir my te veel gewees het.

Hierdie maand se Blogger's BOM is van Allison Harris by cluck cluck sew.

After all the concentration on the NYB block, the next Blogger's BOM block was a breeze! And just as well, because I would not have been able to handle another difficult block.

This months Blogeer's BOM is from Allison Harris at cluck cluck sew.



Verder werk ek nog heerlik aan my Raggedy kwilt. Dit is nou omtrent 'n derde klaar. Indien ek genoegsame tyd kry, sal dit klaar wees voor die winter! Hierdie keer wil ek daardie mikpunt hou, aangesien ek dieselfde ding verlede jaar gesê het en die kwilt is steeds nie klaar nie...

I am also still working happily on my Raggedy quilt. It is about a third done. If I get the necessary time, I can finish this one before winter! And this time I intend to stick to that goal, since I said the same thing last year, and the quilt is still not done...

Is daar enige mikpunte wat julle streng aan werk? Groete vir eers!

Is there any goals you are strictly working towards? Regards for now!