Tuesday, 27 March 2012

NYB Blok 3

Ek dink ek begin uiteindelik die idee van "paper piecing" kry. My NYB blok 3 (deur Megan van Canoe Ridge Creations) het baie goed uitgekom. Maar, en moet ook dankie sê aan diegene wat my raad gegee het, na my vorige blog inskrywing. Jul advies het baie gehelp!

I think I am beginning to understand the idea of paper piecing. My NYB block 3 (by Megan from Canoe Ridge Creations) came out great. But, I  must also say thank you to those who advised me after my last blog entry. Your suggestions helped a lot!




Na my sukses, het ek besluit om die vorige blok weer oor te doen. Hierdie keer voel ek baie meer tevrede met die resultaat. Ek het die oranje vervang met geel, asook die silwer en pienk omgeruil. Die blok is steeds baie lewendig, maar ek hou daarvan.

After my success, I decided to redo the previous block. This time I am satisfied with the result. I removed the orange and substituted it with yellow. I also changed the silver and pink around. This is still a busy block, but this time I like it.
 

En hier is hulle, langs mekaar...dit gaan 'n baie besige kwilt wees :)

And here they are together...this is going to be a very busy quilt :)



Ons het ook verlede naweek 'n bietjie rondgery. Ons rit het ons onder andere deur Baie du Cap geneem. Ek moet bieg dat ek al vele kere deur hierdie dorpie is, maar dis die eerste keer dat ek hul poskantoor sien! Dis so oulik en klein, geen wonder dat ek dit gemis het nie. Ons poskantoor is klein (twee toonbanke, 'n paar posbusse en 'n stoorkamer), maar hierdie een blyk nog kleiner te wees!

We took a lovely drive this past weekend. We passed through Baie du Cap, amongst others. I must admit that I have been to this village a few times, but this is the first time that I spotted their post office! It is so small (and cute) that it is no wonder I missed it the previous times. Our post office is small (two counters, a few post boxes and a storage room), but this one seems even smaller!


Nou-ja, eers weer tyd vir werk. Groete!

Well, time for work again. Regards!

4 comments:

  1. You have done great! Your blocks look great! It's all about practice, my dear! :) Baie de Cap is one of our favorite places. We used to take the bus to Le Morne village and walk it up to BDC. Love the quiet atmosphere in those two villages. Ever been to Chamarel? Nice too...

    ReplyDelete
  2. Dat gaat er goed uitzien. Fijn dat je wat aan de tips had die je gekregen hebt.
    Dat is inderdaad wel een heel klein postkantoor....

    ReplyDelete
  3. They are looking great, well done!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jou opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.