Friday 16 March 2012

NYB Blok 2 en Raggedy

Ek het gewonder of my "Beginner's Luck" sou hou, maar dit het nie. Die tweede blok (deur Sara by Sew Sweetness) in die New York Beauty Quilt Along is voltooi, maar ek is nie heeltemal tevrede nie. Tog, hierdie is 'n leer-geleentheid, en dus gaan ek dit so aanvaar.

I wondered if I would keep my "Beginner's Luck", but alas, I didn't. The second blok (from Sara at Sew Sweetness) in the New York Beauty Quilt along is finished, but I am not completely satisfied. Still, this is a learning experience, and I will take it as such.


Eerstens, een sy van die blok is beslis nie reguit nie. Tweedens, my kleurskema is te besig, en die kontras wys nie vir my goed genoeg nie. Derdens, die punt van die binne-ste sirkel is stomp, omdat ek die materiaal verkeerd geplaas het, en dit hopeloos te laat agtergekom het. Laastens, indien ek die twee blokke (Blok 0 en nou Blok 5) wat voltooi is langs mekaar sit, stem die kwart sirkels se punte nie ooreen nie. Ek weet nie of dit so moet wees, en of ek iewers baie verkeerd gewerk het nie.

Firstly, one side of the block is skew. Secondly, my colour scheme is too busy and the contrast isn't showing well. Thirdly, the point for the inner circle is blunt, because I placed the fabric wrong and only realised it when it was too late. Lastly, if I place the two finished blocks (Block 0 and now Block 5) next to each other, the quarter circles' seams don't match up. I am not sure if it should be like that, or if I did something horribly wrong.

Afgesien daarvan, was dit aangenaam om die blok te maak, en is ek steeds opgewonde om die projek te voltooi. Foto's dan van hierdie blok se aanmekaar werk:

Despite this, I still enjoyed making the block, and is looking forward to the rest of the project. Photo's then of this block's assembly:






'n Ander projek wat ek weer my vingers in het, is die Raggedy kwilt. Ek het uiteindelik die rygwerk klaar (ek kan nie glo dit het my so lank geneem nie!!!) en die patroon vir die kwiltwerk is op geteken. Ek het ook veelkleurige gare gekoop vir die kwiltwerk. Hopelik sal ek binne-kort daarmee begin.

Another project I got my fingers in to is the Raggedy quilt. At last I finished the basting (can't believe it took me so long!!!) and the quilting patterns are drawn on the quilt. I also bought some multi-coloured thread for the quilting. Hopefully I will be able to start with that soon.


Hierdie is steeds my gunsteling kwilt, tot dusvêr, en ek sal baie gelukkig wees wanneer dit klaar is. Is daar enige van julle wat tans aan 'n kwilt werk en nie kan wag dat dit moet klaar? Tot later!

This is still my favourite quilt thus far, and I will be very happy when it is finished. Is there any of you who is working on a quilt and can't wait for it to be finished? 'till later!

5 comments:

  1. Het lijkt me ook best een ingewikkelde quilt. Misschien is inderdaad die blauwige (buitenrand) stof te rustig. Ik vind de stof met de vlindertjes wel erg leuk. Ik hoop dat blok 0 en blok 5 dan toch nog passend komen. Dat is altijd jammer als je een BOM/ Quilt Along doet dat je niet weet hoe het er uiteindelijk uit komt te zien.
    Het rijgen van een quilt is ook geen leuk werk. Heb je weleens veiligheidsspelden (safety pins) geprobeerd?
    Succes.

    ReplyDelete
  2. Don't worry! That block was a bit tricky... My advice; always cut the sides at least 1/4 inch bigger.. then it will be easier to trim the block. Use lots of pins too.
    Love your raggedy quilt! Yes, you should finish it now! :))

    ReplyDelete
  3. Your NYB blocks look great - use lots of pins.

    ReplyDelete
  4. Hi Elzaan. Ek het jou getag in 11 Things oor jouself! Neem deel asseblief. JY kan op my blog details kry! Groete. Jou New York Beauty kom mooi aan! Ek het nog nie begin nie, ek werk nou eers aan UFO's

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.