Wednesday 22 February 2012

Projekte en 'n Weggee

Ek was baie lui die laaste twee weke, en het nie veel aan my kwilt projekte gewerk nie. Saam met dit het ek 'n bloutjie geloop met my Ma se tafeldoek - gelukkig is dit iets wat maklik herstelbaar is. In plaas daarvan dat ek julle verveel met my luiheid, verwys ek julle eerder na twee opwindende items:

1. Josee van Soyee NL hou 'n weggee. Sy gee van haar "scraps" weg. Gaan loer in en kyk of iets jou interesseer...

2. Sarah van Sew Sweetness begin met 'n "Quilt Along" met New York Beauty blokke. Aangesien ek al lankal belangstel om so 'n blok te (leer) maak, en aangesien ek toevallig ekstra materiaal het, het ek besluit om deel te neem. Kliek op die prentjie/"knopie" om na die webtuiste te gaan vir meer inligting. Die "knopie" sal ook op my linkerkantse paneel wees.



Groete vir eers!

I was very lazy the last two weeks and haven't worked on my quilting projects much. With that, I also made a boo-boo with my Mom's tablecloth, but luckily it is something that can be easily repaired. Instead of boring you with my laziness, I will refer you to two exciting items:

1. Josee at Soyee NL is hosting a give away. She is giving some of her scraps away. Go on over and see if something strikes your fancy...

2. Sarah at Sew Sweetness is hosting a Quilt Along with New York Beauty blocks. I wanted to (learn) make these for a while now, and it just so happens that I have extra fabric, so I decided to join the fun. Click on the picture/"button" to go to the website. The "button" will also be on my left side panel.



Until later!


2 comments:

  1. Almal van ons kry soms 'n glipsie maar dis gelukkig nie die einde van die wêreld nie!!! Dis van al die in die reën spelery!!!!! My kruissteek vorder ook maar dis die fyner detail wat tydrowend is. Mooi bly! xxxx

    ReplyDelete
  2. I love NYBs. I have a huge stack of them begging for my attention.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.