Monday 27 February 2012

Halfpad daar, en gepla met die maan

Ek het hierdie naweek weer bietjie agter nie naaldwerkmasjien gesit. Uiteindelik het ek die bokant klaar van Ma se tafeldoek. Nou net die agterkant vaswerk, en dit in die pos gooi. (Ma, lyk darem verras wanneer jy dit in die pos kry asb :) )

I did some sewing this weekend. I finished the top of Mom's tablecloth, at last! Now is it just adding the back and putting it in the post. (Mom, please act surprised when you receive this in the mail :) )


Die fout wat ek begaan het was om die horisontale shashing 1/4" te kort te knip. Ek het eers gedink om nog stroke te sny, omdat ek nog genoeg materiaal het, maar het later besluit om hulle eerder nog korter te sny, en dan hoek "stene" (die klein gekleurde blokkies) in te sit. Dit lyk vir my eintlik vrolik.

The mistake I made was to cut the horizontal shashing 1/4" too short. At first I wanted to cut new strips, since I had enough fabric, but later decided to cut the existing strips shorter, and add some corner "stones" (the small coloured blocks). To me this looks a lot prettier.

Ek weet nie van julle nie, maar ek geniet dit om na die sterre te kyk. Hier in Mauritius, veral aan die Weskus waar ons bly, is ons gelukkig genoeg om nie te veel lig besoedeling te ervaar nie, en is die sterre baie sigbaar in die aande. Vrydagaand het ek weer 'n wonderlike sig gesien. Die Maan, Venus en Jupiter almal in 'n ry. Gisteraand was hulle in 'n tipe driehoek, en hulle behoort weer teen Woensdag/Donderdag almal in 'n ry te wees, maar die keer is die maan bo Jupiter. (kliek op die prentjie om dit groter te maak)

I don't know about you, but I enjoy looking at the stars. Here in Mauritius, especially on the West Coast where we live, we don't have as much light pollution, and thus the stars are easier to see at night. On Friday night, I saw this wonderful sight: the Moon, Venus and Jupiter all in a row. Last night, they where in a triangle formation, and about Wednesday/Thursday they should be in a row again, with the boon on top of Jupiter. (click on the picture to make it bigger)



Dis dit vir eers. Tot later! / That's it for now. Until later!

Wednesday 22 February 2012

Projekte en 'n Weggee

Ek was baie lui die laaste twee weke, en het nie veel aan my kwilt projekte gewerk nie. Saam met dit het ek 'n bloutjie geloop met my Ma se tafeldoek - gelukkig is dit iets wat maklik herstelbaar is. In plaas daarvan dat ek julle verveel met my luiheid, verwys ek julle eerder na twee opwindende items:

1. Josee van Soyee NL hou 'n weggee. Sy gee van haar "scraps" weg. Gaan loer in en kyk of iets jou interesseer...

2. Sarah van Sew Sweetness begin met 'n "Quilt Along" met New York Beauty blokke. Aangesien ek al lankal belangstel om so 'n blok te (leer) maak, en aangesien ek toevallig ekstra materiaal het, het ek besluit om deel te neem. Kliek op die prentjie/"knopie" om na die webtuiste te gaan vir meer inligting. Die "knopie" sal ook op my linkerkantse paneel wees.



Groete vir eers!

I was very lazy the last two weeks and haven't worked on my quilting projects much. With that, I also made a boo-boo with my Mom's tablecloth, but luckily it is something that can be easily repaired. Instead of boring you with my laziness, I will refer you to two exciting items:

1. Josee at Soyee NL is hosting a give away. She is giving some of her scraps away. Go on over and see if something strikes your fancy...

2. Sarah at Sew Sweetness is hosting a Quilt Along with New York Beauty blocks. I wanted to (learn) make these for a while now, and it just so happens that I have extra fabric, so I decided to join the fun. Click on the picture/"button" to go to the website. The "button" will also be on my left side panel.



Until later!


Sunday 5 February 2012

Besige naweek

Ek het 'n heerlike, besige naweek beleef. Wens net die naweek kon nog 'n dag of twee langer aanhou - ek geniet hierdie ontspanning en rustigheid hopeloos te veel :-)

Die hoogtepunt van hierdie naweek was dat ons meer as 60 liter reënwater kon opvang. Die water situasie hier is maar "touch and go", en ons probeer darem waar ons kan water spaar. Ek moet ook sê dat ons is gelukkig in die sin dat ons nog elke dag, al is dit vir kort rukkies, lopende water het. Nie almal is so gelukkig nie. Gister het 'n lieflike bui reën uitgebreek, en Manlief het summier die motor uitgetrek en dit in die reën gewas. Ek het besluit om al ons emmers en lee bottels te neem, en van die reën op te vang. Na die tyd moes ek egter van klere verander, maar dit was prent om in die reën te speel.

I had a wonderful, busy weekend. I just wish it could go on for another day or two. I am enjoying the piece and relaxation too much :-)

My highlight for this weekend is that we could gather about 60 liters of rain water. The water situation here is a bit "touch and go" and we are trying to save water where we can. I must mention that we are very fortunate to have had running water everyday, even if it is for short periods. Not everybody are as lucky. We had a lovely bit of rain yesterday, and Hubby decided there and then to wash the car in the rain. I decided to take all our empty bottels and buckets, and gather as much rain water as I can. Afterwards, I had to go for a wardrobe change, but it was fun playing in the rain.

Wat kwiltwerk aanbetref; ek het my eerste voltooide projek vir die jaar! Die 12 Days of Christmas kwilt is voltooi en ons moet net die hakkies in die muur insit om dit op te hang. Ek het gewone reguit lyn kwiltwerk gedoen. Die resultaat is baie bevredigend! Danksy 'n gespottery tussen my en Manlief, word die kwilt herdoop na die "koekie-kwilt". Ek wou dit eers die "lekkergoed winkel" genoem het, weens al die kleure wat my laat dink aan 'n lekkergoed winkel, maar die tongknoper "koekie-kwilt" het gewen.

Regarding my quilting; I have my first finished project of the year! The 12 Days of Christmas quilt is finished and we only need to put some hooks on the wall to hang it up. I only did some straight line quilting on it, and the results are satisfying! The quilt will be named the "cookie-quilt", due to some teasing between Hubby and me. I wanted to call it the "Sweet shop", since all the colours in the quilt reminds me of a sweet shop, but the tongue twister "cookie quilt" won. 
 
Die voorkant / The front

Die agterkant, met die hangbuise reeds in plek / The back, with the hanging tubes already in place

Ek het ook intussen begin met 'n sekere dame (ahem...Hallo Ma!) se tafeldoek begin. Vir die volledige storie, kyk hier  en hier. Hierdie blokke het nog hul koppies nodig.

I also started working on a certain lady's (ahem...Hi Mom!) tabel cloth. For the full story, look here and here. These blocks still need their cups though..


So, wat het julle hierdie naweek gedoen?

So, what did you do this weekend?