Sunday 8 January 2012

Inhaal

Ek het die naweek heerlik agter my naaldwerkmasjien ingeskuif, en stikwerk gedoen dat dit by my ore uitloop. Ek kon dit doen, want manlief het 'n uiltjie geknip, en ek was nie regtig lus vir werk in en om die huis nie. Hier is wat ek gedoen het:

I moved in behind my sewing machine this weekend, and sewed until I dropped. I could do it, since Hubby was taking a nap, and I wasn't really in the mood for house work. Here is what I have done:

Ek het eerstens ingehaal op die Bloggers' BOM, en het Desember se blog voltooi. Hierdie maand se blok is van Pat Sloan. Die foto's praat vir hulself.

Firstly I caught up with the Bloggers' BOM, and finished the December block. This block is from Pat Sloan. The photos speak for themselves.





 Hier het ek die blokke almal uitgepak. Ek moet erken, dit begin soos 'n kwilt lyk...

Here I have set out all the blocks. I must admit, it is starting to look like a quilt...



Nadat ek klaar gespeel het, was ek steeds lus vir naaldwerk - ek moet 3 weke se K.O.S. (Kwiltwerk Onttrekkings Simptome) teenwerk :-) 'n Paar bloggers het deelgeneem aan die 12 Days of Christmas, aangebied op Temecula Quilt Co deur Sheryl Johnson, en ek het besluit om ook deel te neem. Ek het solank 7 "dae" klaar. Weereens maak ek twee van alles (die blokke is maar 3.5" groot), maar hierdie keer hou ek die blokke dieselfde. Ek sal later besluit of ek twee afsonderlike kwilte wil maak, of almal in een kwilt plaas. Die materiaal is van 'n orige jelly roll, asook 'n paar stukkies van ander materiale.

After finishing that, I was still in the mood for sewing - I had to counter 3 weeks of Q.D.S. (Quilting Deprivation Syndrome) :-) A few bloggers participated in the 12 Days of Christmas, hosted on Temecula Quilt Co by Sheryl Johnson, and I decided to join them. I finished 7 "days" so far. I am making two of each blocks again (the blocks are 3.5" big), but this time I am keeping them the same. I will decide later whether I want to make two separate quilts, or make one from all the blocks. The fabrics is from leftovers of a jelly roll, together with some other bits and pieces.


Voordat ek nou verder met kan lappies speel, moet ek eers aandag gee aan my huisie. Tot volgende keer!

Before I can have more fun with fabrics, I need to attend to my house. Until next time!

3 comments:

  1. You really got inspired! Those are some lovely blocks.

    Eke! 3.5"! And some tiny blocks. :-)

    ReplyDelete
  2. Jou Blogger's BOM kwilt gaan pragtig lyk!

    ReplyDelete
  3. You've been busy! Gosh, those lovely small blocks! Not sure I've suffered QDS, but now my sewing machine is up running again! :)

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.