Wednesday 12 December 2012

Stilte

Daar gebeur tans nie veel aan hierdie kant nie. Stik- en kwiltwerk het tot 'n stilstand gekom en gaan seker so aanhou tot in die nuwe jaar in.

Ons het intussen gaste gehad, en voorbereidings begin nou gemaak word vir Kersfees en Nuwejaar.

Tot later!

Not much is happening at this moment. Sewing and quilting have come to an halt, and it will probably stay that way into the new year.

We had some visitors, and now preparations for Christmas and New Year are being made.

Until later!

Sunday 11 November 2012

Geskenke

Ons was vir 'n baie kort besoek in Suid-Afrika gewees, waar ons 2 troues bygewoon het, en natuurlik 'n blits besoek aan die familie gemaak het. Tydens ons besoek, het ek die geleentheid gehad om Broer 1 se kwilt aan hom te oorhandig. Noodloos om te sê dat hy was baie opgewonde daaroor, en het reeds beplan wanneer en waar hy dit gaan gebruik :)

We were for a short visit in South Africa, where we attended 2 weddings and of course a quick visit to the family. During our visit, I had the opportunity to present Brother 1 with his quilt. Needless to say that he was very excited and already planned when and where to use the quilt :)


Ook, tydens ons besoek, het ek die voorreg gehad om 'n mede-blogger te besoek. Ek het Karin se blog Beary Quilts ontdek op Quilting Bloggers. Min het ek geweet dat Karin baie naby aan ons familie bly, en ons het afgespreek om mekaar te ontmoet. Sy was so gaaf om 'n oulike sakkie vir my te maak. Julle kan die volle verhaal lees op haar blog. Nogmaals baie dankie, Karin, vir hierdie geskenkie. Jy is baie dierbaar!

Also, during our visit, I had the privilege of visiting a fellow blogger. I discovered Karin's blog Beary Quilts on Quilting Bloggers. I never thought that Karin would live so close to our family, and a visit was in order. She  made this cute pouch for me. You can read all about it on her blog. Again, thank you Karin for this gift. You are a dear!


Laastens, vandag het ek uitgesit om verder aan my Bloggers BOM kwilt te werk, maar ek het eerder in 'n tydskrif rondgeblaai en 'n oulike idee vir 'n geskenk gesien. Ek het bietjie gesukkel, en het die heel dag geneem om die selfoon sakkie te maak. Dis veronderstel om aan iemand te gaan wat binne-kort vertrek op vakansie, maar ek dink ek sal dit moet oordoen, want ek is nie baie tevrede met die eindresultaat nie. Dis goed vir myself, maar nie as ek dit wil weggee nie. Die patroon het ek in die Australian Homespun tydskrif (Vol 12.12- Summer Issue) gesien. Ek het egter 'n knopie aangewerk, waar die patroon vir 'n knippie voorsiening maak.

Lastly, I had put today aside to continue working on my Bloggers BOM quilt. However, I paged through a magazine and saw this cute idea for a gift. I had some trouble with it, and it took me the whole day to make this cellphone bag. It is suppose to go to someone who is leaving for holiday, but I think I will have to redo it, as I am not very satisfied with it. It is o.k. for me, but not if I want to give it so someone. I saw the pattern in the Australian Homespun magazine (Vol. 12.12 - The Summer Issue). I, however, added a button where the pattern provided for a snap fastener.


Tot volgende keer!

Until later!

Thursday 8 November 2012

Bloggers' BOM 12 en 13

My Bloggers' BOM blokke 12 en 13 is klaar! Nou kan ek die uiteensetting uitlê en die laaste goedjies vir die bokant afhandel.

My Bloggers' BOM blocks 12 and 13 are finished! Now I can place the layout on the floor and do the last few things to finish the top.

Blok 12 deur Amy van Amy's Creative Side

Block 12 by Amy from Amy's Creative Side



Blok 13 deur Sarah van The Last Piece

Block 13 from Sarah of The Last Piece


Indien julle belangstel in die BOM blokke of selfs die kwilt, kan julle op Jackie se Blog Canton Village Quilt Works gaan kyk vir al die patrone en uitlegging.

If you are interested in the BOM blocks, or the quilt itself, then you can go to Jackie's blog Canton Village Quilt Works and have a look at all the patterns and layout.

Nou kan die pret begin - die uitlegging en finalisering. Tot later!

Now the fun can begin - the layout and the finishing. Until later!

Friday 2 November 2012

Frienship Mini Quilt Swap

In September het ek deelgeneem aan 'n mini kwilt uitruiling. Dit was 'n geheime uitruiling, en dus kon ek nie veel daaroor blog nie, tot nou toe.

In September I took part in a mini quilt swap. It was a secret swap, thus I couldn't say much about it, until now.

Ons het almal 'n borduurwerk patroon gekry om te maak, en ons kon 'n kwilt daarmee skep. Die enigste vereistes was dat die kwilt moet 'n sekere grootte wees, en dat die borduurwerk daarin moet wees. Verder kon ons ons kreatiwiteit laat seevier.

We all received a stitchery and we had to make a quilt with it. The only requirements were that it had to be within a certain size and that the stitchery had to feature. Otherwise, we could set our creativity free.

Hier is my weergawe van die kwilt. Ek het met die "tuin" idee gebly en blomme ge-appliek met organza (soos met die kussings wat ek maak). My kwilt het aan Michele Foster van Quilting Gallery gegaan. Sy is ook die organiseerder van die uitruiling. (Dankie Michele vir jou insette en 'n wonderlike projek).

Here is my version of the quilt. I stayed with the "garden" idea and appliqued some flowers with organza (just like with my pillows). My quilt went to Michele Foster from Quilting Gallery. She is also the organizer of the swap. (Thank you Michele for your input and a wonderful project.)


 My "spook" was Benita Gustavsoon uit Swede. Sy het hierdie pragtige rooi-werk weergawe gemaak. Sy het ook die oulike skinkbord met Dalaperde gestuur. Baie dankie Benita. Die kwilt en skinkbord gaan baie geniet en waardeer word.

My "secret partner" was Benita Gustavsson from Sweden. She made this lovely redwork version. She also send me this cute tray with Dala horses. Thank you very much Benita. The quilt and tray will be enjoyed and appreciated.



Ek sal graag weer in so 'n uitruiling wil deelneem, wanneer die tyd en geleentheid dit toelaat.
Groete vir eers!

I would like to take part in another swap like this, when the time and opportunity allows it.
Regards for now!

Thursday 18 October 2012

Kussingslope

Na gister se inskrywing, moes ek net iets doen om myself beter te laat voel omtrent my kwiltwerk. Ek besluit toe om twee kussingslope te maak van die orige materiale van die kwilt. Ek het hierdie patroon gebruik

http://quilting.about.com/od/quiltpatternsprojects/ss/easy-pillowcase-pattern.htm

maar het dit bietjie aangepas. Dit is 'n vinnige en eenvoudige patroon.

After yesterday's post, I had to do something to make me feel better about my quilting. I decided to make to pillow cases from the left over fabrics of the quilt. I used this pattern

http://quilting.about.com/od/quiltpatternsprojects/ss/easy-pillowcase-pattern.htm

but made a few adjustments. It is a very quick and easy pattern.


Beste van als is dat ek die kwilt klein genoeg kan oprol en dit binne-in die kussingsloop plaas. Baie oulike manier om 'n kwilt  "toe te draai" as 'n geskenk.

The best thing is that I could roll the quilt up small enough for it to fit in the pillow case. Very cute way to wrap a quilt up in "gift wrapping". 


Tot later!

Until later!

Wednesday 17 October 2012

Suur saam met die soet...

Wel, my groot kwilt is uiteindelik klaar! Dit het my maar net 6 maande geneem om dit te maak, en vir my is dit 'n mate van 'n rekord. Ek dink die enigste ander groot kwilt wat ek so vinnig gemaak het was Manlief se kwilt. Julle sal egter nog 'n kort rukkie moet wag vir die finale produk. Ek sal graag eers die kwilt wil oorhandig aan Broer 1.

Well, my big quilt is finally finished! It only took me 6 months, which for me is a record. I think the only other big quilt I finished in such a "short" time is Hubby's quilt.You will have to wait a bit longer though, before I show the final product. I want to give the quilt to Brother 1 first. 

Ek het egter vir julle 'n vraag. Ek was gewoonlik nie my materiale voor die tyd nie, en dit blyk my dat "slim het sy baas gevang". Maar daar iets wat ek nie verstaan nie. Vir hierdie kwilt het ek Moda Marbles gebruik (behalwe vir die rugkant en die geel in die middel van die kwilt), en het alles by een internet winkel gekoop, waar ek gereeld materiaal koop. Maar, toe ek die kwilt was, het drie van die Marbles se kleur uitgegaan. Die kleur het nie "geloop" nie, dis net weg! EDIT - Ek was al my kwilte in koue water (30 grade Celsius)

I do however have a question for you. I don't normally pre-wash my fabrics, and it seem that it came back to bite me. But there is something I don't understand. For this quilt I used Moda Marbles (except for the backing and the yellow in the middle of the quilt), and I bought it all from one online shop, where I bought many times before. But when I washed the quilt, three of the Marble colours lost their colour. It did not run, it just dissapeared! EDIT - I wash all my quilts in cold water (30 degrees Celsius)

Vergelyk die oranje en die geel heel regs - dis heeltemal dof op die kwilt/  Compare the orange and the yellow on the far right - it is very dull on the quilt
 
Vergelyk die blou heel links - dis ook dof / Compare the blue on the far left - it is also very dull

 
Hierdie kleure is almal reg / These colours are all fine.

Ek het nog nooit probleme gehad met Moda Marbles nie, en nou het 3 kleure verbleik in dieselfde kwilt! Hoe is dit moontlik en waarom nie die ander Marbles nie? Het enige iemand anders hierdie klas verbleiking gehad, met of sonder was voor die tyd?

Groete

I never had problems with Moda Marbles before and now 3 fabrics faded on the same quilt! How can this happen, and why not the other Marbles? Have anyone else had this kind of fading before, pre-wash or no?

Regards

Tuesday 9 October 2012

Op die hond se stert

Hier is nie veel om te raporteer nie. My kwiltwerk het feitlik tot 'n stilstand gekom die laaste tydjie, en al waaraan ek werk is die groot kwilt.

Al die kwiltwerk is uiteindelik klaar, en ek is half-pad met die omboorsel. Om 8 meter se omboorsel vas te werk neem tyd... Dus gaan ek eerder vir julle foto's wys van die kwiltwerk. Dis eenvoudige reguitlyn kwiltwerk, al langs nie nate van die blokke/vorms af. Ek is versot op die resultaat.

Here is not much to report. My quilting has come to a stand still recently and all that I am working on is the big quilt.

All of the quilting is finished at last and I am halfway with the binding. To do 8 meters of binding takes some time, so I will show you some of the quilting instead. It is very simple straight line quilting, all along the seems of the blocks/forms. I really like the end result.





Ek het DMC veelkleurige gare (blou en rooi) gebruik vir die sterre en die gekleurde dele rondom dit. Vir die agtergrond en die rugkant het ek ooreenstemmende kleure gebruik.

I used DMC multi coloured thread (blue and red) for the stars and the coloured part around them. For the background and backing I used corresponding colours.

Dis dit vir eers! Groete tot later.

That is it for now! Regards until later.

Wednesday 19 September 2012

Bietjie snywerk

Ek moet ongelukkig erken dat ek nie veel het om oor te skryf nie. Sedert my laaste inskrywing, het ek feitlik net kwiltwerk gedoen aan Broer 1 se kwilt. Ek moet ook erken dat ek begin nou verveeld raak, en dat die kwiltwerk meer werk as plesier begin word. Ek het nog 'n klein stukkie om te kwilt en dan die rantstrook. Die kwiltwerk gaan nie regtig op die foto wys nie en daarom het ek besluit om nie een op hierdie stadium te neem nie.

I must admit that I don't have much to say. Since my last entry, I have only been quilting on Brother 1's quilt. I must also admit that I am getting tired of it and it is becoming more work than play. I still have a small piece to do as well as the border. Unfortunately the quilting won't show on a photo, so I decided not to take one now.

Aan die kander kant, het ek wel 'n paar stukkies materiaal gesny tydens ons dag lange kragonderbreking (wat maar net 5 uur lank geduur het) verlede week. Ek het die stukke gesny vir die Blogger's BOM van verlede maand asook Broer 2 se kwilt materiale.

On the other hand, I did do some cutting of fabrics during our day long power failure last week (which lasted for 5 hours). I cut the pieces for last month's Bloggers BOM block as well as Brother 2's quilt fabrics.



Die blokke aan die linker kant gaan nog verder verwerk word tot in half-vierkant-driehoeke / The blocks on the left will be cut further into HST's.

Vir diegene wat geinteresseerd is, dit gaan goed met die baba vissies. Tydens die kragonderbreking, het ALMAL van hulle uit die broeinet ontsnap. Ek het byna 'n hartaanval gehad, maar het later gesien dat die volwasse visse die kleintjies ignoreer. So, toe los ek hulle. Daar blyk in totaal 11 kleintjies te wees - een baie groot een en 10 kleiner vissies.

For those interested, it is going well with the baby fish. During the power failure, ALL of the babies escaped from the breeding net. At fist I nearly had a hart attack, but later noticed that the adult fish are ignoring them. So, I let be. There seems to be 11 fry in total. One which is huge and 10 smaller fry.

"Groot" baba en 4 klein baba vissies / "Big" baby and 4 smaller fry

Dis dit vir eers. Tot later!

That is it for now. Until later!

Tuesday 4 September 2012

Lentedag

Hier in die suidelike halfrond begin lente weer sy kop uitsteek. Die weer begin weer warmer word, en die begeerte om weer in die natuur rond te loop brand in ons. Daarom dat ons en 'n klomp vriende weer die naweek gaan stap het -  nie omdat dit Lentedag was nie, maar net omdat dit lekker is.

Here in the southern hemisphere, spring is showing its head again. The weather is edging towards the warmer side and the desire to be out in nature is burning again. That is why our friends and us went on an hike this weekend - not so much because it was Spring day, but just because it is so much fun.

Ons uitstappie het begin met 'n besoek aan Grand Bassin. Dis 'n meer wat in 'n krater gevorm het. Vir die Hindu gemeenskap is dit 'n heilige plek, en daar is tempels en beelde van die verskillende gode, asook van Lord Shiva.

Our first stop on our field trip was at Grand Bassin. This is a crater lake. For the Hindu community, this is a sacred place and have build temples and statues for their gods, including Lord Shiva.


 
 




Vandaar is ons na die Black River Gorges toe vir 'n staptog. Die weer het gedreig om te reën, maar gelukkig was geluk aan ons kant. Nie te min, dis was 'n bewolkte dag, met 'n koue wind en so nou en dan 'n paar druppels reën. Soms het die wolke oopgetrek en lieflike sonskyn deurgelaat.

From there we went to the Black River Gorges for a hike. The weather threatened to rain, but luck was on our side. None the less, it was a cloudy day with a cold wind and few drops of rain. Sometimes the sky would clear up and some wonderful sunshine would pass through.



Afgesien van die son, is dit hoe meeste van die roete gelyk het...nat en modderig. My skoene was 'n gemors, maar dankie tog vir Handy Andy!

Despite the sun, this is what our track looked like...wet and muddy. My shoes were a mess, but thank goodness for Handy Andy!


 Die diere was min hierdie keer. 'n Paar voëls was sigbaar, asook hierdie outjie...

The animals were few this time. There was some birds, and then this guy...

 
Wel, hoe het julle jul naweek en Lentedag spandeer? Groete vir eers.

Well, how did you spend your weekend and Spring day? Regards for now.

Thursday 16 August 2012

Blogger's BOM 10 en 11

Ek het bietjie tyd gehad hierdie week om weer aandag te gee aan my lappies. Ek het die kwilt klaar geryg, en het ook die Blogger's BOM blokke 10 en 11 voltooi.

I had some time available this week for my fabrics. I finished basting the quilt, and also completed the Blogger's BOM blocks 10 and 11.

Blok 10 is deur Pam Vieira-McGinnis van Pam Kitty Mornings

Block 10 by Pam Vieira-McGinnis of Pam Kitty Mornings


Blok 11 deur Victoria Wolfe van Bumble Beans Inc.

Block 11 by Victoria Wolfe of Bumble Beans Inc.


Hier is hulle almal saam.

And here they are, all together.


Ek moet seker weer aandag gee aan my NYB blokke ook. Ek dink ek het 4 oor om te doen. Miskien later.

Groete!

I should give some attention to my NYB blocks as well. I think I have 4 left to do. Maybe later.

Regards!

Monday 13 August 2012

Aangename verrassing

Vandag is dit 'n nie-kwilt blog inskrywing. Bloot omdat dit net sulke goeie nuus is wat ek graag wil deel. Ek het 'n vistenk en tans is daar Zebra Danio en Platy visse in. Die laaste twee naweke het vir my groot verrassing ingehou...

Today is a non-quilting blog entry. Mostly because I have such good news that I want to share with all. I have a fish tank with Zebra Danio and Platy fish. The last two weekends held a big surprise for me...

(Die foto's in ongelukkig nie baie goed nie / The photos are not very good, sorry)


(Julle sal dalk die op die foto's moet kliek om dit groter te maak om die vissies te kan sien / You might have to click on the photo to make it bigger in order to see the fry)

In die laaste week het my Zebra Danio's besluit om te broei - spontaan! Ek het hulle maar slegs sedert Mei. Dit was belis nie my beplaning om te broei nie, maar ek is in die sewende hemel aangesien daar byne 10 baba vissies is (hulle is op hierdie stadium te klein om akkuraat te tel, dus kan dit meer of minder wees). Ek en Manlief het vanoggend byna 'n uur spandeer om die kleintjies te vang en in die broeinet te plaas. Verlede naweek het ons 'n kleintjie gevang uit 'n vorige broeisel en dit was alreeds 'n verrassing.

In the last week, my Zebra Danio's decided to spawn - spontaneously! I only have them since May. It was not my intention to breed, but I am ecstatic since there is almost 10 fry (at this stage they are too small to count accurately, so there can be more or less). Hubby and I spend nearly an hour this morning to catch the youngsters and place them in the breeding net. Last weekend we caught a baby as well, but from another spawning. That in itself was already a surprise.

Die net gaan vir die volgende rukkie hul tuiste wees, totdat hulle groot genoeg is om tussen die volwasse visse te swem. Dit sal vir my 'n groot plesier wees indien meeste van hulle oorleef.

Tot later!

The net will be their home for the next while, until they are big enough to swim with the adult fish. It will be a great pleasure if most of them survive.

Until later!

Friday 10 August 2012

Nog net...


... hierdie bietjie oor om te ryg, dan kan ek begin met die kwiltwerk.

Just this much left to do, before I can start quilting. 


Dis hoe ek gewoonlik my rygwerk doen: ek sit/kniel op die kussing, en ryg ry vir ry, van links na regs. My enigste toerusting is die kussing, naalde, gare, skêr en natuurlik leer vingerhoede. Soms sal ek musiek luister of 'n video speel, net vir agtergrond geluide. Werk soos 'n bom vir my. Hoe doen julle gewoonlik jul voorbereiding?

Groete

This is how I normally do my basting: I will sit/kneel on the cushion, and will baste row for row, from left to right. My only tools are the cushion, needles, thread, scissors and off course some leather thimbles. Sometimes I will play some music or a video, just for some background noise. This works like a charm for me. How do you normally do your basting?

 Regards

Friday 27 July 2012

Ditjies en datjies

Wel, na byna 'n maand van stilte, is dit seker weer tyd dat ek iets sê. Om die waarheid te sê, is daar nie regtig veel om te vertel nie. Manlief se ouers het 'n rukkie by ons kom kuier, en ons het natuurlik heerlik rondgery en plekke gesien...

Well, after a month of nothing, I suppose it is time that I say something. To tell the truth, there isn't much to talk about. Hubby's family came for a visit, and we enjoyed showing them the scenery and places...


Die gesig in die berg...kan julle dit sien? (Julle sal dalk op die foto moet kliek om dit groter te maak om die gesig te kan sien) / The face in the mountain...can you see it?(You will probably have to click on the photo and make it bigger to see)


Le Morne Brabant, van aangesig tot aangesig / Le Morne Brabant, up close and personal


Coin de Mire eiland / Coin de Mire island




Krokodille by La Vanille krokodil plaas. Dis 'n leker dag-uitstappie en julle sien meer as net leer handsakke en -skoene :) (Wanneer julle op die website is, werk die foto gallary selgs as julle die Franse taal kies)

Crocodiles at La Vanille Crocodile farm. It is a lovely day-trip, and you can see much more than just leather handbags and shoes :) (If you are on the website, the photo gallery only works when you are choosing the French language option)

Wat my kwiltwerk aanbetref, is ek steeds besig om aan Broer 1 se kwilt te werk. Ek het 'n bietjie van 'n probleem gehad in terme van spasie. Aangesien die kwilt 2m by 2m is, is die kamer waarin ek gewoonlik werk, se vloerspasie te klein om die watteersel en die rugkant te meet en te sny. Die gevolg is dat ek myself tuisgemaak het in die gang...

Regarding my quilting, I am still busy with Brother 1's quilt. I had a bit of an issue regarding space. Since the quilt measures 2 meter x 2 meter, the floor space in room where I normally work in is too small to measure and cut the batting and backing. The result is that I decided to "camp out" in the hallway for a while...

Ek is tans besig met die rygwerk en is beslis nie van plan om weer so lank te neem soos met my ander kwilte nie. Ek kon gistraand redelik baie gedoen kry, want Manlief het gesit en Olimpiese sokker gekyk. Dis nie regtig vir my interessant nie, dus het ek eerder tyd op die kwilt spandeer.


Currently I am busy with the basting and I don't plan to take as long as with my other quilts in the past. Last night I managed to get a lot done since Hubby watched Olympic soccer on TV. I don't care much for that, so I spend some time on the quilt instead.






Laat die rygwerk marathon begin! / Let the basting marathon begin!

Wednesday 27 June 2012

Bokant klaar!

Die bokant van Boetie 1 se kwilt is klaar! Ek is heel teverede met die resultaat. Aangesien hy belang stel in die veld van Wetenskap, het ek gedink hy sal dit waardeer indien ek die kleure van die warmste na die koudste rangskik in die kwilt, met Cyan/Turquoise (weet nooit watter een dit regtig is nie) as die bindende kleur.

The top of Brother 1's quilt is finished. I am really happy with the result. Since he is interested in the field of Science, I thought he would appreciate it if I arrange the colours in the whole quilt from the hottest to the coolest, with Cyan/Turquoise (I never know which one it really is) as the binding colour.


Jammer as die foto bietjie snaaks lyk. Ek het iets nuuts probeer en dit wil nie werk soos ek dit wil hê nie, maar julle kry darem die idee van hoe die kwilt lyk.

Sorry if the photo is a bit funny. I tried something new and it did not work out exactly as I wanted, but you get the idea of how the quilt looks.

Ek gaan vir die volgende rukkie "van die lug af" wees. Ons kry more gaste vir twee weke, en ek dink daar gaan min tyd wees vir my om te spandeer aan kwiltwerk.

Tot later!

I am going to be "off the air" for a while. We are getting visitors tomorrow, and they are staying for two weeks. I don't think I will have much time for sewing.

Until later!

Thursday 21 June 2012

Goeie vordering

Ek het uiteindelik nog gare gekry vir Boetie 1 se kwilt, en het laat wiel. Al die blokke se stikwerk is gedoen en die stroke vir die rand is gesny. Ek het 'n paar dae gesit en wonder oor hoe ek die rand moet maak, want ek was nie tevrede met my vorige idees nie. Gelukkig het ek nou op iets besluit wat my sommer baie opgewonde het, en dit is nie eers 'n baie moeilike patroon nie. Ek sal die eindresultaat vir julle wys sodra dit klaar is. Miskien nog hierdie naweek.

At last I got the thread I needed for Brother 1's quilt, and jumped into action. All the blocks' sewing is done and the strips for the border are cut. I spend a few days pondering about the border, as I was not very happy with my initial ideas. Luckily I have decided on something that has me very excited, and it is not even a difficult pattern. I will show you the end results later, maybe this weekend still.




Groete / Regards

Wednesday 13 June 2012

NYB Blok 6

Hoera! Nog een is klaar. Ek het dit geniet om hierdie een te maak. Soveel so dat ek vergeet het om foto's te neem. Hopelik sal ek volgende keer 'n inskrywing met bietjie meer "lyf" kan maak.

Groete

Yippee! Another one is finished. I enjoyed making this block. So much so that I actually forgot to take some pictures. Hopefully I will write a post with bit more "body" next time.

Regards


Tuesday 5 June 2012

NYB Blok 5

Terwyl ek wag vir 'n geleentheid om Port Louis of Curepipe toe te gaan sodat ek kan gare koop, werk ek maar aan ander projekte. Die New York Beauty Quilt Along is al iets van die verlede, en ek is natuurlik die agteros... Nie te min, hier is my Blok 5:

While I am waiting for a chance to go to Port Louis or Curepipe to buy some thread, I am working on a few other projects. The New York Beauty Quilt Along is already a thing of the past, yet here I am trotting along...Non the less, here is my Block 5:




En hier is almal by mekaar / And here they are, all together


Nog 5 om te gaan... Ek sal kyk hoeveel materiaal aan die einde oorbly, en miskien nog 'n paar blokke maak om sodoende die kwilt bietjie groter te maak.

5 more to go...I will see how much fabric is left in the end and maybe make a few more blocks just to make the quilt a big bigger.

Nou, 'n raaisel vir julle: kan enige iemand vir my vertel presies wat die doel van hierdie sambreel is? Ek glo nie 'n mens kan onder dit lê en sonbrand nie. Miskien 'n koeltekol vir die visse?

Now, riddle me this: what exactly is the use of this umbrella? I don't think one can lie underneath it and tan. Maybe some shade for the fish?


Tot volgende keer! / Until next time!