Wednesday 2 November 2011

Vinnige loer...

Na die voltooing van die BOM Block 2 (sien vorige blog post), het ek 'n hele klomp oorskiet driehoekies gehad. Eerder as om dit in my scrap mandjie te gooi (wat tot oorlopens toe vol is), het ek gedink om iets daarmee te maak.

Ek en manlief het op die kombuis tafel gespeel met die vorms en kleure, en toe ons tevrede is, het ek begin met die stikwerk. Die eindproduk is hierdie - 'n piepklein "Mug Rug".


Ek het besluit om dit as Kersgeskenk aan my Ouma in Humansdorp te gee. Maar shhh! Moenie sĂȘ nie, dis 'n verrassing! Enige iemand 'n idee wat hierdie blokke genoem word? Ek weet die een aan die regterkant is my weergawe van die "Friendship Star". Is daar 'n naam vir die blok aan die linkerkant?

Verder werk ek aan 'n ander geskenk. Die Padda-kwilt (dis die naam vir eers), is gestik, geryg en is reg vir kwiltwerk:

(Hier kan ek nie alles wys nie, want familielede wat weet vir wie dit gaan, mag dalk kyk...)

Die skaduwee oor die kwilt, is van die gordyne. Die kamer waar ek my kwiltwerk doen, kry in die oggend son - te heerlik!!!

Goed, dis genoeg geloer... :-)

Tot later!

3 comments:

  1. Het ziet er mooi uit. Ik dacht misschien "road to fortune".
    kijk anders eens bij
    http://www.quilterscache.com/QuiltBlocksGalore.html, daar staan vele blokken met afbeelding.

    ReplyDelete
  2. Ooooh! I see basting! And frogs with wings? How sweet is that! Keep up the good work.

    ReplyDelete
  3. Great use of the leftovers from the blocks. Your frog quilt really makes me smile! It's so cute!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.