Sunday 16 October 2011

Storie van die lelike eendjie

Onthou julle hierdie lelike eendjie...?


Na twee maande is hy uiteindelike 'n pragtige swaan. Stap saam met my, dan wys ek julle die transformasie:

Nadat ons die krat gekry het, was die eerste doel om dit skoon te kry. Ek het die krat gestofsuig (die van julle wat my ken weet hoe klein ek is, en om dit skoon te maak sou ek binne-in moes klim...amper) en in die son laat staan, sodat die krat kon droog. Dit het baie gereen toe ek die krat gekry het, en die ding het baie waterskade opgedoen.

Skoon!

In die son besig om te bak

Een van die sypanele was baie beskadig, en ons moes eers aandag daaraan gee. Die hout het baie "gekreukel" weens die waterskade. Ons het 'n bietjie gesny, gom ingewerk en toe die paneel gerek en vasgedruk, sodat die gom kon droog.


Dit was natuurlik 'n groot verrassing dat die onderste paneel die details van die krat bevat het. Kan jul die datum sien? 1987 - dis so oud soos my broer!


Na al die gom droog is, en die krat weer in die son gestaan het (dit het baie gereen tydens die laaste 2 maande by ons, en die humiditeit speel ook nie saam nie) het ek begin om vernis op te verf. Manlief was gaaf genoeg om sy houtwerk kennis met my te deel, en my gehelp om die regte vernis, kwasse en tegnieke te gebruik.

Eerste lae is reeds vernis. Nog net een laag in die binne-kant wat vernis moet word 

 Terwyl ek vir die vernis wag om droog te word, het ek te werk gegaan aan die "inner" van die krat. Ek het die perfekte gebruik vir die krat gekry...kan jul raai wat dit is?

Flannel en rooi materiaal wat gestik word

En...Ta-Da!


O, nee wag, daar is iets kort...



Perfek! Nou kan ek my geliefkoosde kwilte daarin te plaas, en alles uitstal. Wat 'n plesier!

Tot later!

4 comments:

  1. Dit lelijke eendje is een mooi zwaantje geworden. Het is leuk om iets zo op te knappen.
    Meteen ook een mooie plaats om je quilts op te bergen.

    ReplyDelete
  2. What a terrific idea! Great transformation. :-)

    ReplyDelete
  3. Die krat lyk uitstekend.Puik gebruiks-idee!!

    ReplyDelete
  4. Wat een ontzettend leuk idee! Zo is alles netjes opgeborgen en ziet het er tegelijk heel leuk uit.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.