Friday 30 September 2011

Ek was stout...

...en het nie by my nuwejaarsvoorneme gebly nie. Ek het materiaal gekoop wat nie vir die appliek kussings is nie. Dit is wel vir 'n Kersgeskenk, en kan nie nou te veel daaroor uitbrei nie.


Maar dis darem nie al wat ek gekoop het nie. Ek het ook ander toebehore, soos fleece, steam-a-seam, fabric stabeliser, en freezer paper gekoop. Dis vir twee ander projekte wat ek in die pyplyn het:


Meeste van julle is dan ook al seker bewus van die Blogger's BOM, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works. Julle kan in my vorige berig kyk na my weergawe van die eerste blok. Nadat ek na ander deelnemers se blogs en blokke gekyk het, het ek die idee gekry om 'n tweede blok te maak (dit was 'n idee vanaf 'n ander blog: Live Love Quiltz). Hier is dan dieselfde blok, maar 'n tweede weergawe:

Oorsponklike blok is regs, en links die tweede blok


Aangesien die blokke klein is (8"), en daar tans nog nie 'n vaste patroon is vir die kwilt nie, het ek gedink dit sal goed wees as daar iets in die kwilt is wat herhaal. Van hier af gaan ek twee van dieselfde blok maak, met variasies in die plasing van die kleur wat ek vir daardie spesifieke blok kies. Manlief sal nou sĂȘ ek is besig met "organized chaos" bestuur :-D

Verder het ek maar min basting gedoen op die Raggedy kwilt, maar ek gee wel aandag daaraan.

Ek dink ek het genoeg om my die naweek besig te hou, tesame met al die ander goed, soos kruideniers en klere koop. Wat het julle vir die naweek beplan?

Groete vir eers!

Sunday 25 September 2011

Blogger's BOM en 'n paar ander goed

Die eerste dag en eerste patroon van die Blog of the Month, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works, is hier! Gaan na Sherri se blog A Quilting life, om die patroon en instruksies te kry.

Aangesien die materiaal behoeftes nie bekend is nie, het ek besluit op hierdie seleksie:


Die agtergrond materiaal, is wit "tone on tone", wat ek uit my huidige stash uitgehaal het. Die kleur materiale, kom van Noorwee, waar my geliefde vriendin dit vir my gekoop het. Oorspronklik wou ek hierdie materiale vir 'n ander projek gebruik het, maar ek dink dit sal meer spesiaal wees om dit vir hierdie projek te gebruik.

En dan, natuurlik, my weergawe van die eerste blok:

(Dit lyk nie so op die foto nie, maar die blok is wel plat en reguit)

Wat die res van my projekte betref:

Die Raggedy kwilt word tans ge-baste. 


Ek is darem al so 'n derde weg in die proses. Dit is baie lekker om hierdie outjie uit die kas te haal, en dit klaar te maak. Ek speel nog met idees vir die kwiltwerk, maar ek weet darem al wat ek met die sashing gaan doen.

Die appliek projek - die gerf blomme - vorder ook. Ek moes die vaswerk volgorde bietjie verander. Ek het bloot nie vooruit gedink nie, en toe ek my kon kry, is die eerste stel blomme klaar, maar die volgende stel stingels moes eers vasgewerk word. Beginners' mistake! Die lint is ook verwyder, maar ek het reeds 'n plan om dit op die einde weer in te werk.


Dis hoe ek my lui Sondag spandeer het. Hoe was jul dag?

Tot later!

Friday 16 September 2011

Gratis Block of the Month

Wie van julle is lus om in 'n Block of the Month (sew-a-long) deel te neem?

Jackie van Canton Village Quilt Works gaan 'n Block of the Month aanbied. Dit begin 25 September en duur tot Oktober 2012.

Klienk op hierdie knopie vir meer inligting, en om aan te sluit.

Groete vir eers!

Monday 12 September 2011

Ek hou van geskenkies!

'n Vriendin van my kuier by my. Sy het 'n pakkie vanaf die huis saamgebring. Onder andere is daar boeke in wat ek bestel het, postukke, foto's, maar nog beter...


...daar is die Farmer's Wife Sample Quilt boek wat ek bestel het, asook vier stukkies materiale. Die materiaal kom vanaf die VSA. My Ma se vriendin het te hore gekom dat ek kwiltwerk doen, en het hierdie materiaal aan my gestuur.

Ek het reeds 'n idee wat om met die materiaal te doen. Natuurlik sal ek vir die volgende ruk deur die boek blaai, en myself verloor in patrone en stories!

Watter kwilt-verwante boeke het julle al vir julself gekoop? En het julle al enige patrone daarin gemaak?

Groete vir eers!

Wednesday 7 September 2011

Waar een eindig, begin 'n nuwe een

Dit is so lekker wanneer 'n "quick fix" (soos wat Manlief dit noem) projek klaar is. Dit gee jou nuwe motivering om die ander projekte wat wag, te voltooi. Ja, my tafeldoek is klaar, en is in gebruik:


 Die agterkant - oorskiet materiale :)


Manlief is heel gelukkig. Die tafeldoek is lig genoeg om steeds die illusie van spasie in die vertrek te skep, tog kleurvol genoeg, sonder dat die skree. Ek is heel in my noppies oor die algemeen. Oorspronklik wou ek batting gebruik het, maar het later teen dit besluit. Die batting wat ek hier gekoop het, was 'n gemors. Ek weet nie hoe die mense die batting stoor nie, maar orals is plooie en voue wat ek nie uit die batting kon kry nie. Dus is my tafeldoek gemaak sonder batting. Dit het ook nie omboorsel nie. Ek het bloot die voorkant en rugkant aanmekaar gewerk, en die tafeldoek omgedop. Eenvoudig en prakties - dis hoe ek daarvan hou!

Soos genoem in my vorige post, het ek 'n klomp sirkels oor gehad van die tafeldoek.


Wel, ek het ekstra sirkels gesny (25 ekstra om presies te wees), knope aangekoop, en begin speel. Ek is heel vrolik nou dat dit weer lente raak, en het besluit om 'n vrolike lente ruiker te maak.



Ek het natuurlik ook in die proses geleer hoe om yo-yo's te maak, en ook 'n nuwe appliek tegniek probeer. Tans lyk die ruiker soos bietjie aan die skraal kant, maar binne-kort sal dit 'n bos blomme wees!


Hier is die ander yo-yo's, knope en stele, en moontlike agterkant. Hulle wag in spanning om in die ruiker ingewerk te word...

Groete vir eers!