Wednesday, 24 August 2011

Tafeldoek - bokant klaar

My tafeldoek se bokant is klaar.


Ek het egter tot my skok besef dat ek nie genoeg batting het nie. Nee, wag, ek het batting maar dis vir my Raggedy-quilt. As ek daarvan sou gebruik vir die tafeldoek, is ek onseker of ek genoeg sal oorhê vir die quilt self. Daarom het ek besluit om eerder batting te gaan koop. En, om te hou by my voorneme van nie materiale aankoop nie, het ek genoeg materiaal oor om die agterkant ook te maak! Yeah!

Alhoewel dit 'n tafeldoek is, en batting seker nie nodig is nie, wil ek tog iets hê wat die nate kan "uitkanselleer". Ek het tans 'n tafeldoek - wat ek by 'n craft market gekoop het. Dit is patchwork met 'n agterkant, geen batting, en die nate is irriterend. Ek wil dit nie met my tafeldoek hê nie, en daarom wil ek batting byvoeg.

'n Interessante by-produk wat die tafeldoek gelewer het:


Omdat die borde se middel uitgesny is en vervang is met 'n ligte-kleur materiaal, het ek nou 'n klomp sirkels. Voeg 'n paar knope by, en... wat dink julle gaan ek maak?

Groete vir eers!

5 comments:

  1. love all those circles and the quilt
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  2. Wow Elzaan I love your tablecloth. What an amazing job, it's beautiful!!

    ReplyDelete
  3. The tablecloth came out great! Really cute.

    ReplyDelete
  4. Wow, die tafeldoek is pragtig!!!!

    ReplyDelete
  5. OOH! Love your tablecloth! You've been busy! What do you do with the circles?

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jou opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.