Friday 19 August 2011

Kwilte en nie-kwilte

Kwilte

Ek bied aan julle, met groot blydskap, Manlief se voltooide kwilt:


Ek het hierdie kwilt verlede naweek reeds voltooi, maar met die water beperkinge het ek eers gewag tot my volgende wasgoed-dag, voordat ek dit gewas het. Manlief het sy kombers alreeds vanoggend ingewy en is baie tevrede met sy (laat) verjaardag geskenk.

Ek het baie goed uit hierdie kwilt geleer:
1. Wees geduldig!
2. Jou bui gaan 'n invloed op jou kwiltwerk hê
3. Terwyl jy kwiltwerk doen, maar seker jy weet waar op die kombers jy is, en waarheen jy oppad is met die naald
4. Die einde voel vinniger as die begin
5. FMQ is nie so erg nie, dit kos net oefening

Steeds, ek is verlig dat dit klaar is.

My tafeldoek vorder ook baie goed:


Hierdie eerste stel blokke se appliek is almal vas gestryk en vasgewerk met 'n lopende-steek op die naaldwerkmasjien. Ek wil hê die kante moet net so bietjie uitrafel, en daarom het ek nie 'n zig-zag steek gebruik nie.


Hierdie stel se appliek is vas gestryk, maar nog nie gestik nie. Ek moet nog twee blokke maak, dan het ek genoeg om my tafel te bedek. Ek geniet hierdie projek verskriklik baie. Die proses is redelik vinnig, en ek sien onmiddellike resultate - anders as manlief se kwilt en my Raggedy-kwilt (wat nog wag vir sy kwiltwerk). Ook, dis so lekker om met verskeie kleure en drukwerk te speel, maar ek dink dit praat egter vanself deur net na die foto's te kyk :)

Nie-kwilte

In die Engelse taal is daar 'n baie gepaste gesegde wat lui: "One man's trash is another man's treasure."

Van oggend toe ek die vullis uitsit, sien ek hierdie pragtige krat in die vullis hoop van ons bure:


Goed, ek erken dat die krat lyk nie op sy beste nie, maar dis wat dit so uniek maak. Natuurlik kon ek dit nie oor my hart kry dat die krat weggegooi word nie, so toe neem ek dit vir my. Ek glo dat nadat ons die krat skoongemaak het, bietjie gom hier en daar en 'n ligte skuur, sal dit perfek wees om my kwilte in te toon.

Laastens, 'n paar aand-foto's in Mauritius:


Laaste lig op die strand in Tamarin


Le Morne met die liggies aan die voet van die berg (hierdie is 'n baie donker foto. Ek kon dit nie ligter kry nie).

Nou-ja, laat ek die laaste twee blokke van die tafeldoek gaan maak.

Groete vir eers!

6 comments:

  1. Je quilt voor je man is goed gelukt. Grappig hé, dat je gaande het proces van alles over handwerken én jezelf te weten komt.
    Goed idee om het tafelkleed wat te laten rafelen.
    Mooie foto's én een mooie krat.

    ReplyDelete
  2. Gelukkige manlief!!! Jou tafeldoek is voorwaar iets besonders; ek's dol daaroor! Darie teekrat is iets spesiaals en ek kan al sien hoe mooi jul dit gaan restoreer.

    ReplyDelete
  3. very nice quilts and I like the photo of the mountain at night. It looks so tall.
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  4. De quilt voor je man is prachtig geworden!
    Wat een mooie nieuwe aanwinst. Je snapt soms niet dat mensen het weg willen doen...
    En schitterende foto's, met de zon en lichtjes. Echt genieten!

    ReplyDelete
  5. CONGRATS on the finish!!! After all the struggle, it's DONE! I'm so proud of you! And I'm sure you are proud too! Lovely applique project. Love those boxes, and great photos! Wonderful weekend, dear friend!

    ReplyDelete
  6. Hi! Greetings from Finland! I love the quilt! It looks fantastic! :)

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.