Saturday 6 August 2011

Kussing #4 en Teepotte

Uiteindelik! Een van my projekte is klaar!


Hierdie is die vierde kussing oortreksel/patroon uit die boek Shadow Applique deur Hetty van Boven. Ek het nog 8 oortreksels om te maak. Elkeen net 'n bietjie moeiliker as die vorige een.

Hier is 'n kyk na die borduurwerk wat in hierdie kussing oortreksel ingegaan het:



En hier is die kussing saam met haar susters. My ontwerp is natuurlik die "odd one out". Ek het reeds die materiale reg vir Kussing # 5.


Ek moet sĂȘ dat die warm rooi staan baie uit tussen die koel blou, pers en groen. Sjoe! Alhoewel hierdie projek in totaal baie lank neem, is dit 'n pret projek om jou sitkamer mee op te tower. Ek het ook nie 12 kussings wat oorgetrek moet word nie. Soos julle hier op die foto sien, is die totaal van my sitkamer kussings. Maar dit gaan my nie terughou nie!

Intussen het ek ook twee teepotte gemaak vir die tafeldoek-projek:



Die patrone kan julle kry op FatCat Patterns van Sindy Rodenmayer. Vir my tafeldoek gaan ek die twee patrone "Tea Cup Curio" en "Tea Pot Curio" meng.

Daar is ook vordering op Manlief se kwilt. Ek hoop om hierdie naweek tyd daaraan te spandeer. Die einde is in sig!!!

Later!

5 comments:

  1. Ha Elzaan, het ziet er goed uit. Het is juist leuk om een "odd one out" te hebben, dan geef je je eigen draai eraan.
    Die theepotten zijn ook erg leuk.

    ReplyDelete
  2. Jou kussings is pragtig!! Watter kleure gaan die res vd kussings wees? Hou van die helderkleurige teepotte vir die tafeldoek.Kan nie wag vir die eindproduk nie. Trots op jou!!!

    ReplyDelete
  3. Congrats on finishing another cushion cover! Lovely! Very cute tea pots too, it's going to be a nice table topper.

    ReplyDelete
  4. Those pillows are just beautiful! And the teapots are so cute. Fabulous work!

    ReplyDelete
  5. Hi! Greetings from Finland! I love the quilts and the colours! Have nice day!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.