Friday 1 July 2011

Wat het verkeerd gegaan?

Hierdie is my trots - my heel eerste kwilt:



Met hierdie kwilt het ek geleer van kleurwaardes, 9-patch, 4-patch, beplanning, "binding" (wat ontaard het in 'n fiasko), en die vreugde van kwiltwerk. Selfs met al die mis-gestikte nate, en skewe blokkies, is ek trots op hierdie kwilt - wie sal nie trots wees op hul eerste voltooide projek nie?

Dus sal julle met my saamstem dat ek uiters teleurgesteld was toe ek gister hierdie raak sien:




So, waarna kyk ons? Elke prentjie het twee blokke/panele wat met mekaar vergelyk word. Die een is lieflik helder en kleurvol, die ander een...wel...verdof en groen!

Hier is die feite:
- Elkeen van hierdie stukke kom vanaf dieselfde rol materiaal as die een waarmee dit vergelyk word
- Elkeen het goud/metalic ingewerk
- Die goud/metalc is wat groen geraak het, of verdof het
- Die verkleuring het plaasgevind SLEGS aan die bokant/kop-kant van die kwilt (daar waar die arms bo-oor kom, of waar die kwilt tot onder die ken getrek word...die kop kant) en NIE die kant waar die son teen dit skyn nie.

Nou is my vraag - waarom? Wat het verkeerd gegaan? Is dit dat ons die goud/metalic afgevryf het terwyl ons slaap? Is die drukwerk van swak gehalte? Of it dit nou maar wat gebeur met metalic indien dit daagliks gebruik word? Ek wil selfs bietjie wetenskaplik hier raak - wat van oksidasie? Koper oksideer en raak groen - is dit dalk wat hier gebeur?

Ek was my kwilt in 30 Grade Celcius water, laat dit droog raak in die koelte, stoor dit in 'n plek so koel en droog soos Mauritius se humide weer dit sal toelaat, en vou dit gereeld oop. Is ek dalk besig om onbewustelik my kwilt te mishandel, en dis hoe hy my laat weet en mishandel hom?

Julle opinies sal waardeer word.

Op 'n beter noot - hier is 'n foto van 'n lieflike winter sonsondergang.


Groete vir eers!

5 comments:

  1. Zeker kun je trots zijn op je werk.
    Wat ongelooflijk jammer en vreemd dat dat met je werk gebeurd. Ik heb er geen verklaring voor.
    Winter, hier is het lekker zomer.

    ReplyDelete
  2. Ai, dis nou jammer van die kleurverandering. Dit bly egter steeds 'n pragtige kwilt!!!

    ReplyDelete
  3. It's a lovely quilt! As for the cause of the color change, I am baffled.

    ReplyDelete
  4. Lovely quilt this one! Google translate is not on my side today either... Do you have any problems with it? Lovely sunset!

    ReplyDelete
  5. Hello from Florida. Don't you love the translators online? I am very happy to be able to enjoy blogs from all around the world.

    That is so strange, what the metallics on your quilt did. I haven't put any quilts out for daily use that have metallic in them, so I don't know if this happens much. I bet you're right - it's probably some type of reaction to skin contact. But that's sad.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.