Saturday 16 July 2011

Stryk Matjie

(To those reading in English or another language, the translation is very bad. I am not sure how, but I did my best to write in such a way that the translation gadget can get things right...but it doesn't. My apologies!)

Moda Bakeshop is 'n baie inspirerende webtuiste. Dit het uitstekende idees en patrone, en tutoriale wat daarby pas.

Vandag wil ek een patroon met julle deel. Vir die volledige patroon, kliek HIER. Wat ek julle gaan wys is die aanpassings wat ek gemaak het.

Eerstens, ek het nie thermal fabric nie, dus moes ek maar improviseer. Ek het vir beide die rugkant en voorkant, gewone 100% katoen materiaal gebruik, en twee stukke Insul-Bright. Kan ek dus sê my stryk matjie is twee-sydig?

Wel, hiermee my foto's:

Ek het nie 'n charm pack gehad - soos op die patroon - nie, maar ek het wel oorblyfsels gehad van 'n layer cake wat net so goed werk!

My patroon, wat gaan dien as die bokant (anders as die patroon wat dit vir rug
 gebruik)

Die agterkant

Twee stukke Insul-Bright (rug teen rug), in plaas van een stuk Insul-Bright en dan thermal fabric vir die bokant

Een-twee-drie - stryk matjie klaar:

Ignoreer die materiaal wat na die een hoek to trek :-o (Slegte stikwerk beplanning)

Nou wil ek julle 'n oulike metode wys wat die afwerking betref. Ek is nooit tevrede met my omboorsel nie. Dit lyk altyd vir my swak wanneer ek dit met die masjien doen. So, ek het op die internet gespring, en na idees gesoek vir "binding by hand". En ek het dit gekry!!!

Die instruksies kan julle HIER kry. Die basiese idee is soos volg:

Ryg jou gare soos in hierdie foto en trek styf (moenie te veel ryg en dan probeer styf trek nie - die gare gaan òf breek, òf die gare gaan nie alles styf trek nie).

En ta-da:

Wat my betref is dit die beste "binding" wat ek in 'n lang tyd gesien het - al moet ek dit van my eie werk sê.

Aan die mense wat hierdie metodes en idees uitgedink het - Fantasiese werk! Julle verdien elkeen 'n goue sterretjie!!!!

Tot later!

8 comments:

  1. translator doesn't always work right it seems, this has happened in various languages for me and also how much "slang" language is used. This is ok though - I looked at your pictures!
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  2. I always do my binding by hand. I've never been able to get it to look as good by using the machine. Yours looks terrific!

    ReplyDelete
  3. Hah! There we have a word similar to Norwegian; stryk matjie = stryke matte! Ironing pad - right? Fun project you have made. Indeed MBS has some great projects, but still I haven't made anything from there. I'll have to try out the way you do the binding...
    Have a wonderful week!

    ReplyDelete
  4. Dink ek moet die strykmatjie aanpas vir my strykplank. Puik idee, dankie!

    ReplyDelete
  5. Ik had deze ook bij mijn feeds voorbij zien komen. De jouwe is goed gelukt Elzaan, ook de binding/ afwerkrand.
    Zelf dacht ik om ipv thermal dikke molton te gebruiken.
    Nu maar lekker strijken!

    ReplyDelete
  6. Ek neem aan jy is in Suid Afrika. Waar kry jy die Insul-Bright? Ek is in Kaapstad.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi! Jammer, jou naam vertoon nie, en dus kan ek nie vir jou 'n epos stuur nie. Ek bly steeds in Mauritius en moet alles wat ek nodig het invoer. Ek koop meeste van my benodighede vanaf eQuilter (kyk op my kant paneel vir hulle link). Indien jy in die omgewing van Durbanville/Bellville is, daar is 'n winkel genaamd Thimbles Quilt and Knit. Hulle mag jou dalk kan help.

      Delete
  7. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.