Wednesday 13 July 2011

Cyber City - Ebene


Cyber Tower 1 - seker een van die meer bekende geboue wanneer jy op die motorway ry, tussen Port Louis en Ebene. Cyber City (of soos sommige dit doen, Ebene Cyber City) is die IT hub van Mauritius. Dus was dit baie gepas toe ek verlede week 'n kursus hier kom volg het, rakende die elektroniese indiening van belasting vorms.

Hierdie plek is in 2001 begin, en konstruksie is steeds aan die gang. Daar is vele geboue, in alle vorme en kleure:
Ek sal beslis sorg dat my vervoermiddel nie in hierdie sloot beland nie!


Interessant hoe hulle die vensters gebou het

'n Paar "kurwes "


Hierdie geboue het my eers verblind. Die son teen die wit teëls is nie goed vir jou oë in die middag nie!

Gelukkig is dit nie heeltemal slegs metaal strukture wat die wêreld rond staan nie. Hier is 'n paar mooi tuine, en die berge vul die agtergrond van baie geboue:




Tog, verkies ek - wat myself as 'n stadsjapie beskou - my woonstel in die uithoeke van die eiland.

Wat beskou jy jouself - stadmens of meer plattelands?

Groete!

4 comments:

  1. Gee my die platteland: berge, waterstrome, natuurgeluide, snags 'n helder sterrehemel....

    ReplyDelete
  2. I am a country person and have rarely lived in the city ever - the few times I did was for short periods of time - it was fun but I never stayed long in cities.
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  3. Great photos! I prefer a semi-rural setting that is close enough to be within driving distance to a larger city.

    ReplyDelete
  4. I'm glad Ebene is not my neighbor! :) The architecture on some of the buildings are interesting though, especially the new one under construction. It looks beautiful, so modern, compared to other places on the island.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.