Sunday 10 April 2011

Manlief se kwilt - bokant voltooi

Net 'n kort inskrywing vandag...bloot omdat ek nie veel het om te deel nie.

Die bokant van Manlief se kwilt is klaar!!! Ek het dit 'n paar oomblikke gelede klaar vasgewerk.


Die patroon is van die boek "Schnibbles Times Two" deur Carrie Nelson. Ek het die lengte aangepas, sodat Manlief se voete nie onder sal uitsteek nie :)
 
Nou kan ek bietjie asem skep, voordat ek verder aan die Raggedy-kwilt werk. Ek het nog 'n bietjie borduurwerk om te doen, en dan besluit op die border. Ek hoop om dit binne die volgende week of twee klaar te hĂȘ. Daarna wil ek verder werk aan Manlief se kwilt. My hoop is om die twee kwilte saam te voltooi. Dan het beide van ons 'n kombersie vir die winter.

Hoop julle geniet jul dag!

4 comments:

  1. Your new quilt is looking very good. I like the colors you used. I have the pattern but have not done anything with it.

    ReplyDelete
  2. Hij is prachtig!
    Daar zal je man vast blij mee zijn!

    ReplyDelete
  3. I love this quilt and the colours too, very nice!

    ReplyDelete
  4. OOOH! I love the colors and the pattern, and I am sure it will be loved too! Very nice!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.