Tuesday 22 February 2011

Brown Bag Quilt Challenge Inskrywing

Die foto's is op, en julle kan gaan ooohhh en aaahhh na die inskrywings. Bly op hoogte! Die kompetisie eindig 1 April, dus gaan die inskrywings nou begin instroom.

Hier is my projek - Whirlpool:

Ek het begin met hierdie materiale, gestuur deur Brenda van Quilting Along Life's Way . Die blou materiaal was die kleinste stuk, en die groen was die grootste. Ek het so gewerk dat ek die blou en rooi met sterre eerste opgebruik het. Daarna het ek die rooi-en-goud, en die groen verwerk.


Ek het besluit om 'n table runner te maak. Ek het nie soorgelyke of gepaste materiale in my stash gehad nie. Dus moes ek werk met wat ek het. Die reƫls het gespesifiseer dat ons net een stuk nuwe materiaal mag aankoop, maar van enige lengte. Die materiaal wat ek by gekoop het, is die blou met die wit kolle, en slegs 1/2m daarvan.



Die top bestaan uit:
15 vierkante (middelstuk en buitekant)
24 kort stroke vir die middelstuk
28 lang stroke vir die buitekant
224 HST's (Half Square Triangles) verwerk na 112 vierkante vir die middelstuk.
Die kleinste vierkant se voltooide grootte is 3.8 cm / 1.5 inch
Die kleinste Half Square Triangle se voltooide hoogte is 2.8 cm / 1 inch

Beplanning het my omtrent 2 weke geneem. Die stikwerk, kwiltwerk en snywerk het...baie lank geneem.
 
Hier is 'n die middelstuk van nader bekyk. Die middelstuk is my eie ontwerp, terwyl die table runner-patroon van 'n bestaande patroon geneem is. Ek moes dit egter aanpas by die grootte van die middelstuk.


Die agterkant bestaan uit die oorblywende groen, rooi-en-goud en blou met kolle materiale, asook materiaal van my stash. Dus het ek al die materiale gebruik wat aan my gestuur is, asook van my stash gebruik. 


Finale grootte is 163cm / 64 inch by 82.5 cm / 32.5 inch. Kwiltwerk is gedoen deur middel van Free Motion Quilting tegnieke.

Gaan kyk op Flickr vir die ander inskrywings.

Sterkte aan al die deelnemers!

5 comments:

  1. Een knap werkstuk Elzaan, goed gedaan.

    ReplyDelete
  2. Elzaan well done! you've done an amazing job, its gorgeous!

    ReplyDelete
  3. Congrats on the finish! Love it! You have done a great job! I have left to hand sew the binding on my BBQC projects

    ReplyDelete
  4. a very nice design!
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  5. Dis pragtig!! Sterkte vir die kompetisie!!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.