Sunday 20 February 2011

Absoluut Niks!

Dis wat ek die laaste maand gedoen het, sedert my laaste inskrywing.

Ons was bietjie weg met vakansie, en het Maandag die 14de weer begin werk. Intussen het ek skaars tyd gehad om 'n naald en gare op te tel. Maar hopelik sal dit binne die volgende paar dae reggestel word :)

Ons het natuurlik in SA gaan kuier vir ons vakansie. Tyd was (baie) te kort, maar ek kon darem 'n oomblik of twee in 'n kwiltwerk winkel spandeer. Ongelukkig was my tyd beperk, dus het ek net die nodige goed aangekoop (liniaal, penne, materiaal vir huidige projekte, ens.). Ek was soet gewees en het geen materiaal aangekoop om te stash nie.

Ons was ook onder andere net buitekant Humansdorp. Daar het ek die voorreg gehad om 'n foto te neem van Suid Afrika se nasionale voël: die Bloukraanvoël.



Soms glo ek vas dat my (skielik) liefde vir naaldwerk van my Ouma afkomstig is, aangesien sy baie met 'n naald en gare kan vermag. Tog, soms wonder ek of my kreatiwiteit nie dalk van my Ma afkomstig is nie. Tydens 'n sosiale geleentheid, het sy - spesiaal vir Manlief - hierdie oulike pynappel gebring:




Dit bestaan uit die heel pynappel, chillies en butternut (in skywe gesny). Tog te oulik, of hoe?

Al ooit gewonder hoe Mauritians huise bou? Dit was vir my verstommend om te sien hoe die geboue hier opgerig word. Die geboue word gegiet. Die hele bou proses is nog vir my bietjie duister, maar wat ek wel weet, is dat hierdie masjien die grootste deel van die bouwerk uitmaak:


Hierdie is 'n slurp, wat die sement pomp en deponeer waar jy dit nodig het. Indien ek reg verstaan is die bakstene ook hol binne-kant, sodat hulle die sement ook daarin kan plaas en sodoende die mure baie stewig maak.  Op hierdie spesifieke dag het hulle die vloer van 'n tweede verdieping gelê.




Kan julle sien hoe hulle die slurp rond beweeg en die sement plaas waar hulle dit benodig. Die tweede werker maak die sement glad en versprei dit eweredig. Baie slim!

Wel, dis dit vir eers!

2 comments:

  1. Wat een aparte manier van ananas serveren.
    je hebt je keurig gedragen in de quiltwinkel.
    Nu maar weer aan het werk.

    ReplyDelete
  2. No doubt you had a well deserved holiday in SA! I love cranes, we had them around the farm where I grew up, but they are different from the SA one. What a creative way of decorating an ananas! Yes, building houses here is interesting! Used to wooden houses I found it very informative how it is done here, different from building a wooden house, especially the roofs and floor!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.