Monday 24 January 2011

Naaldwerk naweek

O, wat 'n lieflike naweek het ek beleef! Manlief het tyd met sy rekenaar spandeer, en ek het tyd spandeer agter die sny tafel en naaldwerkmasjien. Ek het so baie mikpunte bereik, dat ek besluit het om myself te bederf.

Ek het my Brown Bag Quilt voltooi. Daar is nou net die klein "tweaking" wat gedoen moet word. Ek wys vir julle die rugkant, vir eers. Die groen, donkerblou en rooi is al wat oorgebly het van die materiaal wat oorspronklik aan my gestuur is, en die bietjie wat ek moes by koop. Die blou met die prentjies op, pienk en wit is uit my "stash". Dus het ek al die moontlike bruikbare materiale gebruik vir hierdie kompetisie, asook 'n bietjie "stash busting" gedoen. Dis 'n wen-wen situasie vir my!



Daarna het ek aan die Raggedy Blokke 7 tot 9 gewerk, wat Donderdag vrygestel is. Hulle is almal vasgewerk, maar moet nog geborduur word. Blok 6 wag ook nog om geborduur te word. Ek het nog nie lank genoeg tyd gehad om te sit en borduurwerk te doen nie. Blyk my ek begin agter raak!

 
Na ek alles voltooi het, het ek besluit dis tyd om vir my 'n nuwe sak te maak. Hier is my ou sak:


Hierdie was die heel eerste kwiltwerk projek wat ek gedoen het. Ek het 'n klas bygewoon, waar ons hierdie sak gemaak het. Hierdie sak bestaan uit 8 kleure. Die patroon is so dat jy enige iets van 2 kleure tot 72 kleure kan gebruik. Maar ek dink tog dat 2, 4 en 8 kleure vertoon die beste.

My ou sak is al twee jaar lank in diens, en dit begin te wys:


Die handvatsels is al onherstelbaar;


 en die buitekant het begin los skeur (al het ek dit voorheen herstel), en die kleure het begin verbleik a.g.v. die son.

Wat my betref, was dit tyd vir 'n nuwe een:

 
Ek het hierdie keer besluit om iets meer neutraal te maak. Ek het twee materiale gebruik. Die gekleurde materiaal het bruin, groen, goud en blou in. Dus is dit 'n two-tone/multi kleur skema. Ek neem my sak orals saam, selfs na kliƫnte toe. Dus moet ek altyd op my beste lyk. Ek glo hierdie sak pas in daardie "profiel".

Wel, dis my naweek. Hoe was jul naweek?

Groete vir eers!

4 comments:

  1. OOOH! Love your new bag! I love the old one too, but as you say; time for a new one! :) Can't wait to see the front of the BBQC project, and the BOM put together too! Indeed you've been busy over the weekend!
    Btw - do you have a pattern for your bag?

    ReplyDelete
  2. Een mooie neutrale tas heb je gemaakt. Eenvoudig van patroon en daardoor leuk.
    Ik had een heerlijk weekend want ik had natuurlijk een prijs bij je gewonnen.

    ReplyDelete
  3. Jy was so besig, Elzaan. Ek hou so baie van jou nuwe handsak. En dan lyk jy so professioneel met jou naam in elke foto.

    ReplyDelete
  4. Me alegra mucho a verte encontrado, me guata mucho tu trabajo y que seas de Isla Mauricio es toda una sorpresa, te mando un cordial saludo.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.