Monday 10 January 2011

Kookboek Weg Gee

In Desember het Michele, van Quilting Gallery, die nuwe kookboek "Holiday Traditions", vrygestel.

Om die vrystelling van die Holiday Traditions kookboek te vier, is TWEE stelle kookboeke aan my beskikbaar gestel, om weg te gee.


Elke stel bestaan uit die 2009 Quilter's Cookbook, asook die nuwe Holiday Traditions. Die 2009 kookboek bestaan uit 119 resepte en 76 foto's van kwilte. Die Holiday Traditions bestaan uit 135 resepte en 72 foto's van kwilte. Die goeie nuus is dat julle nie hoef te wag om die boeke in die pos te kry nie. Die boeke kom in 'n .pdf formaat, dus kan ek dit net aan jou epos. Hou asseblief in gedagte, dat die boeke is in Engels.

Ek het verlede jaar beide die kookboeke aangekoop. Hierdie boeke is ideale geskenke, en 'n goeie verwysing na heerlike disse. Die resepte kom van reg oor die wêreld af, dus is daar iets vir almal om te probeer.

Hoe om te wen?

BAIE BELANGRIK: Omdat ek die boeke vir jou per epos stuur, moet ek jou epos adres hê. As ek dit nie het nie, kan ek nie die boeke aan jou stuur nie. Ek sal ongelukkig dan 'n nuwe naam moet trek. Indien jy verkies om anoniem te bly, kan jy jou epos adres aan my stuur by: huisvlyt@gmail.com, en nogsteeds jou kommentaar los. Ek wil regtig graag hierdie boeke weg gee, en ek wil nie iemand se inskrywing van die hand wys, omdat ek nie hul kontak besonderhede het nie.
  • Eerste kans: Laat 'n boodskap agter, waarin jy jou eerste kookboek noem (kan jy nog onthou wat dit was?). Myne, as ek reg onthou, was "Klein kook en geniet", deur SJA de Villiers en Eunice van der Berg. En hy staan nogsteeds in my boekrak. Ek het 'n paar gunstelling resepte daarin.
  • Tweede kans: Indien jy 'n kwiltwerk blog het, registreer jou blog by Quilting Gallery en los nog 'n boodskap, waarin jy vir my noem dat jy dit gedoen het. Of, indien jy reeds geregistreer is, laat my ook weet. Indien ek jou blog daar kan opspoor, kry jy nog 'n inskrywing.
  • Trekking van die wenners vind plaas op 22 Januarie.
  • Jy hoef nie 'n follower te wees om deel te neem nie
Indien jy nie een van die gelukkige wenners is nie, kan jy steeds die boeke aankoop. Kliek op die prentjies, op die linkerkanste panneel, en dit sal jou reguit na die webwerf toe neem.

Sterkte... :-D

6 comments:

  1. My eerste kookboek...mmmm, ek het nog nooit een gehad nie! Kies my asseblief! Ek kort een! ;)

    PS: Is daar meer opsies as "interesting", "inspiring" ens? Sal dit waardeer as daar 'n "exciting" een is. :D

    ReplyDelete
  2. Eerste kookboek: Kook en Geniet deur S.J.A. de Villiers. Kan nie glo jy't nog steeds Klein Kook en Geniet nie!!!! Weet nie eens wanneer ek die Counted Cross-stitch werke gaan klaar kry nie, wat nog te sê, nuwe kwilt projekte aanpak nie! Jy kan die kwilting doen , dan doen ek die appliek-gedeelte...

    ReplyDelete
  3. Ik leerde in Engeland koken uit het Mrs Beeton's cookery book. Daarna had ik vooral een voorkeur voor bakboeken.
    Leuk om zoiets weg te mogen geven.

    ReplyDelete
  4. Gosh! How can I miss this opportunity to win a cook book?! My very first cook book... "Hei Mat"from 1972 (Hello Food!) from a book club. I still have it. :) I haven't made many dishes from it though, but always fun to read.

    ReplyDelete
  5. I'm already registered at Quilting Gallery - see the button on the left sidebar on my blog.

    ReplyDelete
  6. Als ik naast het quilten nog tijd over heb ben ik aan het bakken/koken! Wat een leuk idee! Met het bakboek heb ik meer affiniteit! Succes met je give-away!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.