Friday 16 December 2011

Op die hond se stert

2011 is feitlik iets van die verlede. Ons gaan wel weg vir die Kersseisoen, maar is met Oujaarsaand weer terug - sodat ons die vuurwerke van ons dak af kan sien.

'n Geseënde Kersfees aan almal van julle wonderlike mense, en 'n voorspoedige 2012.

Sien julle in die nuwe jaar!

Edit: Dankie aan Karen en Josee vir die goeie wense. Ek dink ek het iewers 'n verkeerde knoppie gedruk, want jul kommentaar het verdwyn. Jammer daaroor!

2011 is nearly at an end. We will be gone for Christmas, but will be back on New Year's Eve - to watch the fireworks from our roof.

A Merry Christmas to all of you wonderful people, and a prosperous 2012

See you in the new year!

Edit: Thank you to Karen and Josee for the well wishes. I think I pushed a wrong button somewhere, since your comments have just dissapeared...Sorry about that!



Saturday 3 December 2011

My Memories Wenner!

Vandag word die wenner aangekondig van die My Memories wenner. Maar eers...

Hier is my inskrywing vir Block 3 van Blogger's BOM. Die vorige twee inskrywings kan julle hier besigtig. Hoe meer ek met die program werk, ontdek ek allerhande interessante goed wat ek daarmee kan doen. Ek wens net ek het al die geld gehad om al die template en "page elements" te koop!

Today the winner of the My Memories Scrap booking software is announced. But first...

Here is my entry for Block 3 of the Blogger's BOM. The previous two entries can be seen here. The more I work with the program, the more interesting things I discover and what I can do with it. I just wish I had all the money to buy all the templates and page elements!


Nou, vir die wenner...

Now, the winner...


Baie geluk. Jou epos is oppad!
Geniet jul naweek. Groete vir eers!

Congratulations. Your email is on the way!
Enjoy your weekend! Regards for now!

Tuesday 29 November 2011

Bloggers' BOM Blok 3

Hierdie maand het beslis vir my gevlieg! Dis weer tyd vir die volgende Bloggers' BOM! Hier is my weergawe van blok 3:

This month has really flown by! It's time again for the next Bloggers' BOM! Here is my version of block 3:

Edit: Blok deur Stephanie by Loft Creations / Block by Stephanie at Loft Creations
 



Ek het die uitleg bietjie verander. Die blokke soos per die patroon het nie vir my gewerk nie.

I changed the layout a bit. The blocks as per the pattern did not work for me.

Soos per patroon / As per pattern

Ek het ook uiteindelik ontdek hoe die "Square up ruler" nou eintlik werk. Dit het natuurlik die lewe vir my baie makliker gemaak. Vir 'n gesoute kwilter is hierdie seker 'n "no brainer", maar vir my was dit 'n Eureka oomblik. Gewoonlik het ek die vierkant lineaal gebruik om kleiner blokke te sny - en nie noodwendig net vierkante nie.

I also finally figured out how the Square up ruler actually works. It made life so much easier. For a well set quilter, this is a no brainer, but for me this was an Eureka moment. Normally I use the square ruler to cut smaller blocks and pieces - and not necessarily only squares.


Onthou van die weggee van die Scrapbooking sagteware. Die trekking vind hierdie naweek plaas! 

Remember the give away of the Scrapbooking software. The draw takes place this weekend!

Dis dit vir eers! Groete!

That is it for now! Regards!


Monday 21 November 2011

Tafeldoek herbesoek

Ek het die voorreg om my Ma hier te hê vir twee weke. Sy het natuurlik my tafeldoek besigtig, en besluit sy wil ook een hê. So, met die bietjie materiaal wat ek oor het, het ek te werk gegaan:

I have the privilege of having my Mom here for two weeks. She laid her eyes on my tabel cloth, and decided that she wants one as well. So, with the little fabric that I have left, I started working:



Die materiale, koppies en teepotte is gekies, en op die Steam-a-Seam geteken. Ek het ook die basis blokke al aanmekaar gestik (voor sy gearriveer het). Nou vir die plak- en snywerk...

The fabrics, cups and teapots are chosen, and drawn unto the Steam-a-Seam. I also completed the basis blocks (before she arrived). Now for the gluing and cutting...

(Jul het dalk agtergekom dat ek hierdie post in twee tale doen. Ek het baie klagtes gekry dat my "translator gadget" nie werk nie. Ek gaan die volgende paar "posts" ook in twee tale doen. Indien dit vir julle beter werk, laat my weet. Ek het 'n peiling-gadget opgesit. As die twee-talige-post werk, of nie werk nie, stem daarvoor. Op grond van die statistiek wat versamel word, sal ek besluit hoe ek verder sal gaan.)

(You might have noticed that this post is done in two languages. I have received complaints that the translator gadget isn't working. I am going to do the next few posts in both languages. If this works better, please let me know. I have set up a poll gadget. If the double-language-post work, or doesn't work, vote for it. Depending on the outcome, I will decide how to proceed further.)

Groete vir eers/ Regards for now 

Ps. Onthou van my weggee!/ PS. Remember my give away!

Monday 14 November 2011

Ag Nee!


Wat nou?

My wiskunde het my in die steek gelaat. Ek het nie genoeg pienk materiaal vir die binding gesny nie, en ek het nie genoeg oor nie. Alles is in die kwilt in. Waar het my berekeninge verkeerd gegaan?!


Dalk het ek iewers nog 'n bietjie groen.

Tot later!

Ps. Onthou van die weggee wat ek aanbied. Sien my vorige "blog post" vir meer inligting

Friday 11 November 2011

Give Away


'n Rukkie terug het ek op Fleurette se blog die voorreg gehad om die program My Memories Suite te wen. Ek moet erken, dat ek is beindruk met die program. Dit is maklik om te gebruik, en BAIE verstaanbaar. Daar is vele gebruike vir hierdie program, naamlik scrapbooking, skooltake, organisering van foto's ens. Die beste is, dat indien jy die foto's op 'n dvd brand, kan jy selfs musiek en videos gebruik! (Dit het selfs vir Manlief beindruk). Kyk net bietjie hierna:


Wel, wat het dit met kwiltwerk uit te doen? Ek het al op vele blogs afgekom wat programme verkoop, waarin jy foto's van jou kwiltwerk kan sit, en dit in 'n album vir jou maak. Hierdie program kan dieselfde doen! Dis wat ek geskep het, met my nuutste projek - Blogger's BOM.




Dus, al daardie foto's wat jy neem vir jou blog, kan jy in 'n album plaas - vir elke kwilt. Verbeel jou elke kwilt met sy eie "storieboek"...

Nou, enige een van julle geinteresseerd? Wil julle die volledige program, en vouchers, wen?

1. Besoek die My Memories webtuiste, loer bietjie rond en laat weet vir my watter produkte julle interesseer. 
2. Vir 'n tweede kans, vertel my wat jou eerste scrapbooking tema sal wees of, indien jy reeds scrapbooking doen, wat jou eerste tema was.
3. Die trekking sal plaasvind op 3 Desember.

Sterkte!

Friday 4 November 2011

Lente in Mauritius

Net 'n blik op wat ek sien rondom ons huis...

Boom in die bure se tuin


Bome in die ander bure se tuin




Bougainvillea vanuit ons tuin. Hmmm... Ek dink hulle moet bietjie gesnoei word.

Lekker naweek!

Wednesday 2 November 2011

Vinnige loer...

Na die voltooing van die BOM Block 2 (sien vorige blog post), het ek 'n hele klomp oorskiet driehoekies gehad. Eerder as om dit in my scrap mandjie te gooi (wat tot oorlopens toe vol is), het ek gedink om iets daarmee te maak.

Ek en manlief het op die kombuis tafel gespeel met die vorms en kleure, en toe ons tevrede is, het ek begin met die stikwerk. Die eindproduk is hierdie - 'n piepklein "Mug Rug".


Ek het besluit om dit as Kersgeskenk aan my Ouma in Humansdorp te gee. Maar shhh! Moenie sê nie, dis 'n verrassing! Enige iemand 'n idee wat hierdie blokke genoem word? Ek weet die een aan die regterkant is my weergawe van die "Friendship Star". Is daar 'n naam vir die blok aan die linkerkant?

Verder werk ek aan 'n ander geskenk. Die Padda-kwilt (dis die naam vir eers), is gestik, geryg en is reg vir kwiltwerk:

(Hier kan ek nie alles wys nie, want familielede wat weet vir wie dit gaan, mag dalk kyk...)

Die skaduwee oor die kwilt, is van die gordyne. Die kamer waar ek my kwiltwerk doen, kry in die oggend son - te heerlik!!!

Goed, dis genoeg geloer... :-)

Tot later!

Tuesday 25 October 2011

Blogger's BOM Blok 2

Vandag is die 25ste, en dus tyd vir die volgende blok van Blogger's BOM, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works! Blok 2 se aanwysings kan jul kry op Vicki se blog Field trips in Fiber.

Hier is my blokkies, reeds gesny en reg om getransformeer te word. Soos verlede keer, maak ek weer twee van dieselfde blok. Blok 2A se materiale is links, en Blok 2B se materiale is aan die regterkant:



Hier is die vorms nou reg vir vaswerk.


En Voila!


Geniet dit! Tot later.

Monday 24 October 2011

Bagatelle

Bouwerk is aan die ontplof hier in Mauritius. Agter ons woonstel bou hulle nog 'n woonstelblok. Daar is 'n klomp padwerke en orals verskyn net nog boupersele.

Die nuutste voltooide projek (fase 1 is voltooid, fase 2 en 3 is nog in proses,) wat Mauritius nou aan die gons het, is Bagatelle Mall of Mauritius. Almal gaan besoek die sentrum, al is dit net om die nuuskierigheid te oorkom. Natuurlik moes ons ook gaan inloer het...


Mense, net waar jy kyk!

Daar is honderde winkels, en my hartjie het sommer baie vinnig geklop toe ek sien watter winkels hier gaan wees (en sommige reeds oop is):





Dit laat my voel of ek weer terug in SA is! Ongelukkig is hierdie winkelsentrum redelik ver van ons af. Tog, sal ek die moeite doen om hier te kom koop, al is dit net om 'n verskoning te soek om te gaan koffie drink by Wimpy of Mugg and Bean  :-D

Die parkeer area was redelik vol teen die middag:

Berge in die agtergrond


 Hier kan jul die lengte van die winkelsentrum sien

Saam met die sentrum is daar nog 'n landmerk: Bagetelle Bridge. (Julle kan meer uitvind deur hier en hier te lees)

 


En net vir die interessantheid: ek het voorheen oor Ebene 'n geskryf. Hier kan julle in die verte vir Cyber Tower 1 sien.


Dis al vir nou. Hopelik sal ek binne kort weer 'n blog inskrywing maak, van nog 'n nuwe winkelsentrum, nader aan ons.

Groete vir eers!

Monday 17 October 2011

Stikwerk met 'n doel

Jody Anderson van Online Quilt Magazine en haar span, is besig om sakke te maak vir dames met borskanker, en wat 'n mastektomie moes ondergaan. Die sakke is vir die dreinerings toerusting, wat die vrouens moet saamdra.

Die patroon vir die sakke kan julle op kry deur:

1.  Sluit aan by die tydskrif (dis gratis en is goeie leesstof), en kry die patroon gratis saam met hierdie maand se uitgawe; of
2.  Gaan na hul aanlyn winkel ( http://www.quilts-n-bags.com/) en doen aansoek vir die patroon.  Die aansoekvorm is beskikbaar op die regterkantste paneel.

Hier is my bydrae:


Ek is van plan om nog een te maak, en dan te pos aan Jody.

Die patroon is eenvoudig, en neem 'n uur of so om te maak. Julle hoef nie die sakke aan Jody te pos nie. Indien daar 'n borskanker kliniek naby julle is, kan julle dieselfde diens daar gee. So help ons almal mekaar.

Groete vir eers!

Sunday 16 October 2011

Storie van die lelike eendjie

Onthou julle hierdie lelike eendjie...?


Na twee maande is hy uiteindelike 'n pragtige swaan. Stap saam met my, dan wys ek julle die transformasie:

Nadat ons die krat gekry het, was die eerste doel om dit skoon te kry. Ek het die krat gestofsuig (die van julle wat my ken weet hoe klein ek is, en om dit skoon te maak sou ek binne-in moes klim...amper) en in die son laat staan, sodat die krat kon droog. Dit het baie gereen toe ek die krat gekry het, en die ding het baie waterskade opgedoen.

Skoon!

In die son besig om te bak

Een van die sypanele was baie beskadig, en ons moes eers aandag daaraan gee. Die hout het baie "gekreukel" weens die waterskade. Ons het 'n bietjie gesny, gom ingewerk en toe die paneel gerek en vasgedruk, sodat die gom kon droog.


Dit was natuurlik 'n groot verrassing dat die onderste paneel die details van die krat bevat het. Kan jul die datum sien? 1987 - dis so oud soos my broer!


Na al die gom droog is, en die krat weer in die son gestaan het (dit het baie gereen tydens die laaste 2 maande by ons, en die humiditeit speel ook nie saam nie) het ek begin om vernis op te verf. Manlief was gaaf genoeg om sy houtwerk kennis met my te deel, en my gehelp om die regte vernis, kwasse en tegnieke te gebruik.

Eerste lae is reeds vernis. Nog net een laag in die binne-kant wat vernis moet word 

 Terwyl ek vir die vernis wag om droog te word, het ek te werk gegaan aan die "inner" van die krat. Ek het die perfekte gebruik vir die krat gekry...kan jul raai wat dit is?

Flannel en rooi materiaal wat gestik word

En...Ta-Da!


O, nee wag, daar is iets kort...



Perfek! Nou kan ek my geliefkoosde kwilte daarin te plaas, en alles uitstal. Wat 'n plesier!

Tot later!

Friday 30 September 2011

Ek was stout...

...en het nie by my nuwejaarsvoorneme gebly nie. Ek het materiaal gekoop wat nie vir die appliek kussings is nie. Dit is wel vir 'n Kersgeskenk, en kan nie nou te veel daaroor uitbrei nie.


Maar dis darem nie al wat ek gekoop het nie. Ek het ook ander toebehore, soos fleece, steam-a-seam, fabric stabeliser, en freezer paper gekoop. Dis vir twee ander projekte wat ek in die pyplyn het:


Meeste van julle is dan ook al seker bewus van die Blogger's BOM, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works. Julle kan in my vorige berig kyk na my weergawe van die eerste blok. Nadat ek na ander deelnemers se blogs en blokke gekyk het, het ek die idee gekry om 'n tweede blok te maak (dit was 'n idee vanaf 'n ander blog: Live Love Quiltz). Hier is dan dieselfde blok, maar 'n tweede weergawe:

Oorsponklike blok is regs, en links die tweede blok


Aangesien die blokke klein is (8"), en daar tans nog nie 'n vaste patroon is vir die kwilt nie, het ek gedink dit sal goed wees as daar iets in die kwilt is wat herhaal. Van hier af gaan ek twee van dieselfde blok maak, met variasies in die plasing van die kleur wat ek vir daardie spesifieke blok kies. Manlief sal nou sê ek is besig met "organized chaos" bestuur :-D

Verder het ek maar min basting gedoen op die Raggedy kwilt, maar ek gee wel aandag daaraan.

Ek dink ek het genoeg om my die naweek besig te hou, tesame met al die ander goed, soos kruideniers en klere koop. Wat het julle vir die naweek beplan?

Groete vir eers!

Sunday 25 September 2011

Blogger's BOM en 'n paar ander goed

Die eerste dag en eerste patroon van die Blog of the Month, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works, is hier! Gaan na Sherri se blog A Quilting life, om die patroon en instruksies te kry.

Aangesien die materiaal behoeftes nie bekend is nie, het ek besluit op hierdie seleksie:


Die agtergrond materiaal, is wit "tone on tone", wat ek uit my huidige stash uitgehaal het. Die kleur materiale, kom van Noorwee, waar my geliefde vriendin dit vir my gekoop het. Oorspronklik wou ek hierdie materiale vir 'n ander projek gebruik het, maar ek dink dit sal meer spesiaal wees om dit vir hierdie projek te gebruik.

En dan, natuurlik, my weergawe van die eerste blok:

(Dit lyk nie so op die foto nie, maar die blok is wel plat en reguit)

Wat die res van my projekte betref:

Die Raggedy kwilt word tans ge-baste. 


Ek is darem al so 'n derde weg in die proses. Dit is baie lekker om hierdie outjie uit die kas te haal, en dit klaar te maak. Ek speel nog met idees vir die kwiltwerk, maar ek weet darem al wat ek met die sashing gaan doen.

Die appliek projek - die gerf blomme - vorder ook. Ek moes die vaswerk volgorde bietjie verander. Ek het bloot nie vooruit gedink nie, en toe ek my kon kry, is die eerste stel blomme klaar, maar die volgende stel stingels moes eers vasgewerk word. Beginners' mistake! Die lint is ook verwyder, maar ek het reeds 'n plan om dit op die einde weer in te werk.


Dis hoe ek my lui Sondag spandeer het. Hoe was jul dag?

Tot later!

Friday 16 September 2011

Gratis Block of the Month

Wie van julle is lus om in 'n Block of the Month (sew-a-long) deel te neem?

Jackie van Canton Village Quilt Works gaan 'n Block of the Month aanbied. Dit begin 25 September en duur tot Oktober 2012.

Klienk op hierdie knopie vir meer inligting, en om aan te sluit.

Groete vir eers!

Monday 12 September 2011

Ek hou van geskenkies!

'n Vriendin van my kuier by my. Sy het 'n pakkie vanaf die huis saamgebring. Onder andere is daar boeke in wat ek bestel het, postukke, foto's, maar nog beter...


...daar is die Farmer's Wife Sample Quilt boek wat ek bestel het, asook vier stukkies materiale. Die materiaal kom vanaf die VSA. My Ma se vriendin het te hore gekom dat ek kwiltwerk doen, en het hierdie materiaal aan my gestuur.

Ek het reeds 'n idee wat om met die materiaal te doen. Natuurlik sal ek vir die volgende ruk deur die boek blaai, en myself verloor in patrone en stories!

Watter kwilt-verwante boeke het julle al vir julself gekoop? En het julle al enige patrone daarin gemaak?

Groete vir eers!