Wednesday 1 December 2010

Raggedy en Marbles

Wel, nadat ek my Kersfees kwilt klaargemaak het, is ek uitgeput. Ek het ek my masjien geolie en skoongemaak, en dit gebêre. Tog het ek wel aan die volgende twee projekte gewerk:

Raggedy #5 is voltooi.


Sjoe, ek kan nie glo ons is al amper half-pad met die projek nie! 5 uit 12 blokke is al klaar. Ek kan nie wag om hierdie kombersie klaar te maak nie. Ek sien alreeds hoe ek onder hierdie kombers sit, en tv kyk of boek lees, hierdie winter... Om die groter prentjie te kry van hoe die kwilt op die oomblik lyk, het ek al 5 blokke uitgepak op die grond...


Is dit net ek, of sien julle ook 'n lekker beker Cappuccino met sjokolade sprinkels...:-D

Verder het ek aan die volgende Marble kussing begin werk. Die appliek stukkie is uitgesny en vas gestryk. Ek het al begin met die borduurwerk rondom die middelste blom, en die stele van die omringende blomme. Moet nog net een steeltjie vaswerk.


Die boonste laag materiaal is organza. Dit work gebruik om die kleure van die appliekwerk te verdof, en daarom word dit skadu-werk genoem. Jy plaas jou appliek bo-op die agtergrond, en plaas dan die organza bo-oor. Die borduurwerk gaan deur al drie lae materiaal. Wanneer dit klaar is, dan kom die maklike en vinnige deel: kwiltwerk en die maak van die agterkant van die oortreksel.

Verder, moet ek met skaamte erken, het ek nie veel gedoen nie. Ek dink die "holiday mood" het nou die beter deel van my gekry.

Tot later!

9 comments:

  1. Het ziet er al ver gevorderd uit, én leuk.
    Het lijkt mij nog een ingewikkelde klus dat appliceren, succes ermee.
    Kerstsfeer kan je zomaar ineens te pakken hebben.

    ReplyDelete
  2. Love that Raggedy quilt, it's going to look stunning when finished! Lovely applique too. You have to bring one so I can see how you do it. :)

    ReplyDelete
  3. The Raggedy Ann quilt is coming along nicely, and the applique block is beautiful! Wonderful progress.

    Unfortunately, Blogger decided not to offer me the opportunity to translate your post, so I may have missed part of your message. However, I understood the pictures! :-)

    ReplyDelete
  4. Hi Elzaan. Ek is mal oor jou Raggedy Ann blokke - die bruin is stunning! Word dit dan ooit so koud daar dat mens snoesig onder 'n kwilt wil sit en Hot Choclate drink?

    ReplyDelete
  5. Nice work Elzaan, love the applique too!

    ReplyDelete
  6. Jou Raggedy kwilt is pragtig; kan nie wag om die hele werk te sien nie en darie kussings....! Cathrin kan nie uitgepraat raak oor die baba-kwilt nie, sy's dol daaroor!!

    ReplyDelete
  7. Ziet er allemaal heel mooi!
    Appliceren is niet gemakkelijk, veel succes ermee :)
    quiltingveerle.blogspot.com

    ReplyDelete
  8. Prachtig hoor. De kleuren zijn erg mooi. Ik ben ook weg van applique.
    groetjes
    Jane

    ReplyDelete
  9. Elzaan, ek is mal oor jou Raggedy Ann quilt. Ek dink as jy klaar is met die kiwlt dan moet jy 'n Raggedy Ann pop maak om by jou kwilt te pas. Mooi bly!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.