Monday 8 November 2010

Kerskwilt - KLAAR!!!

Dit is klaar, dit is klaar, tra la la la-la...!!!

Hier is my Kersfees kwilt tra la la la-la:
Dis seker nie so noemenswaardig nie, maar ek is baie trots op die werk wat ek op hierdie kwilt gedoen het. Siende dat ek skaars 'n rukkie terug ontdek het hoe om FMQ te doen op my masjien, dink ek die werk wat gedoen is, is baie goed. Ek het baie tyd gehad, siende dat ons nou 'n paar vakansie dae gehad het, en dat manlief vir 'n rukkie weg was met 'n besigheids-projek. So, ek het agter die masjien gaan sit, baie mooi met hom gepraat, en die volgende het uit die naald en gare verskyn tot op die kwilt:

Tussen die kleiner prentjies, het ek drie verskillende prentjies, in rooi, gekwilt. Die eerste een is die ster...


...tweedens is die Poinsettia...


 ...en derdens 'n stel klokkies (dink hulle is die moeilikste om raak te sien).


Rondom die middelstuk, het ek 'n kruiper met blare (probeer) kwilt, in groen...dink ek moet nog oefen aan die punte van die blare...dit lyk 'n bietjie rond :-)


(soos met al die ander, indien julle op die prentjies kliek, word die prentjie groter)

Dit voel vir my asof ek 'n berg uitgeklim het - ek het nie seer bene of longe sonder asem nie, maar die oorwinning van die klim! Wonder wat ek volgende kan kwilt...

Ek het tussen-in ook aan blok #4 van die Raggedy BOM gewerk.

Tot dusver, was hierdie my gunstelling een om te borduur.

My "Brown Bag" kwilt staan op die oomblik stil. Ek het nie genoeg blou nie, en moes dit aankoop...grrrr...Ek het so gehoop dat ek al die materiale kon gebruik, sonder om ekstra aan te koop, maar die "goeie fee" was nie aan my kant nie. Hopelik sal ek my pakkie blou materiaal binne die volgende twee weke of so kry.

Ek dink my masjien het so bietjie van 'n time-out verdien. Ek het 'n paar hand-werk projekte wat ek kan doen. Dink ook ek gaan dinge nou bietjie stadiger vat, maar nie heeltemal dood stop met my projekte nie. Net tot na Kersfees en Nuwe jaar, dan tel ek weer spoed op.

Tot volgende keer.

Ps. For those of you who do not understand Afrikaans, may I teach you something... The word "Kwilt" means "Quilt", and is pronounced the same. The Translator understands and translate the word "kwiltwerk" to "quilting", but it still gets confused with the word kwilt. Thus, everywhere you see the word kwilt, substitute it with the word quilted, or quilt (noun or verb)

6 comments:

  1. Elzaan, baie geluk met die Kersfees kwilt...dit is baie mooi. Dis top so lekker as mens 'n kwilt klaar gemaak het...net 'n kwilter sal verstaan hoe goed dit voel. En nou kan jy dit vir hierdie Kesfees gebruik.

    ReplyDelete
  2. CONGRATS on the finish and the FMQ! You have done a fabulous job and you have all reasons to be proud - after "climbing the mountain"! :) I can't call you newbie now, because what you master after quite a short time in the quilting world - you are doing GREAT!!! :)
    Very cute Raggedy too!

    ReplyDelete
  3. WOW, dis pragtig!! Baie geluk, sal dit van naby wou sien, maar ek sal geduldig wag vir darie geleentheid!!! Ek's baie, baie trots op jou Ounooi!!!!

    ReplyDelete
  4. Wow! As a quilter I can appreciate your feeling of accomplishment after completing such a big and new task. You and Astrid are inspiring me to start learning to do FMQ. I have a couple of small Christmas gifts on the drawing board to try FMQ on. Hope my results are as good as yours ....

    ReplyDelete
  5. Je kerstquilt is erg mooi geworden! En goed op tijd af voor Kerstmis.
    Hopelijk begrijp je wat ik schrijf, want onze talen verschillen niet zoveel ;o)

    ReplyDelete
  6. Uitstekend Elzaan. :) Is baie trots om so 'n talentvolle skoonsuster te hĂȘ?

    Ek sien uit na die volgende een. :P

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.